Konsentrasie en Neuroterugvoer
Dissipline
Dissipline sonder Skree
Tantrums
Piepie in die Kooi
Slapenstydroetine en Vrese
Skeidingsangs
Enkelouerskap : Erkenning aan Rodney Seale
Egskeiding
Leer jou kind stress hanteer
As kinders BYT
Spekskiet
Hoekom is miere swart?
Inkopies saam met jou kind
Loopringe - Ja of Nee?

Konsentrasie en Neuroterugvoer:

Alhoewel onkunde by ouers die grootste faktor is hoekom ouers nie hulle kinders optimaal kan ontwikkel nie, is konsentrasie weer die faktor wat kinders verhoed om optimaal in hulle eie wreld te ontwikkel. As gevolg van die verskeidenheid visuele stimuli waaraan 'n kind blootgestel word in die formasie jare breek dit die algehele konsentrasie vermo af van 'n kind. Indien kinders beter sou kon konsentreer, kon hulle oor 'n langer tydperk meer stimulasie ontvang, kon hulle vir langer tydperke inligting inneem en absorbeer en ook weer op aanvraag beter kon weergee. Vra enige onderwyser, of onderwyseres wat is algeheel die grootste probleem in vandag se klaskamers en die antwoord is eenparig dat naas die dissipline probleem dit konsentrasie is by kinders. Die grootste struikelblok by algeheel potensiaal ontwikkeling.

Navorsing toon dat ons nie eers 'n ? ste gebruik van ons brein se potensiaal nie, die brein word al hoe meer vergelyk met die werking van die mees komplekse rekenaars, maar net soos as die mees komplekse rekenaar vir 'n leek gegee sou word en hy nie weet wat om daarmee te doen nie, dit nutteloos sou wees, net so is die algehele werking en manipulering van die brein vir die jan alleman op straat van geen waarde. Ons moet leer hoe om die brein optimaal te benut om enige waarde daarvan te kry. Wat help al hierdie potensiaal as ons nie weet hoe om dit te ontsluit nie?

Die Sleutel?

Indien ons die gereedskap (handleiding en voorbeelde) gegee sou word hoe om 'n komplekse rekenaarprogram te gebruik sou ons eventueel deur oefening en korrekte leiding die program suksesvol kon gebruik. Ons sou die potensiaal en werking van die program ten volle kon verstaan. Net so met die funksie van die brein.

Met die nodige leiding en stimulasie kan ons leer hoe om breinfunksie te reguleer tot algehele voordeel van die kind of die gebruiker. Met onlagse navorsing in die gebied van breinfunksie leer ons al hoe meer hoe die brein werk en optimaal benut kan word. Neuroterugvoer is een van die mees onlangse bevindinge wat reeds van die mees suksesvolste resultate opgelewer het. Neuroterapie het nie net kinders se konsentrasie-vermo verbeter nie maar ook die algehele werking van die brein verbeter! Werklikwaar hulle lewens verander. Maar hoe werk dit en wat beteken dit alles? Die volgende afdelings verduidelik 'n bietjie meer oor wat neuroterugvoer is en wat die behandeling vereis.

Wat is neuroterugvoer?

Neuroterugvoer is a gebruiker-vriendelike prosedure wat breingolf aktiwiteite meet en reguleer Neuroterugvoer is 'n tegniek wat ontwikkel is om kinders en grootmense te leer hoe om hulle breingolwe te beheer en optimaal te gebruik deur die toepassing van die nuutste rekenaar tegnologie.

Neuroterugvoer leer 'n kind of 'n grootmens om onder andere te konsentreer terwyl hulle visuele of ouditiewe terugvoer ontvang vanaf 'n gevorderde rekenaar program. In leke terme sou ons kon s: "dit leer die brein om beter en meer doeltreffend te funksioneer."

Neuroterugvoer is 'n middel wat leerders assisteer in die regulering en verbetering van vaardighede. Die metode word effektief toegepas op die vermindering van stadige breingolwe terwyl vinnige gefokusde breingolwe vermeerder word wat weer kan lei tot verhoogde aadagspan of konsentrasie.

Die behandeling is absoluut kinder-of-gebruiker-vriendelik so daar is niks om oor bekommerd te wees wanneer jy jou kind of selfs self gaan vir die behandeling nie. Kinders en selfs grootmense geniet die benadering want dit verg bykans geen inspanning nie en is slegs "fun & games".

Ouerskapstyle:

Elke ouer het 'n sekere styl van ouerskap wat gekenmerk word deur 'n wyse van kommunikasie. Hierdie kommunikasiewyse of styl van ouerskap oefen 'n invloed uit op die kind, omdat ons as ouers daarmee 'n gesindheid teenoor ons kind openbaar waaruit hy sekere gevolgtrekkings maak wat dan sy selfbeeld benvloed.

Die meeste ouers is egter totaal onbewus van hul tipiese ouerskap-styl en die invloed daarvan op hulle kind/ers. Hierdie styl is natuurlik aangeleer en indien ons kan besef wat die uitwerking daarvan is op ons kinders kan ons dit verander en aanpas. Net soos daar sekere goeie en slegte eetgewoontes is, is dieselfde van toepassing op ouerskapstyle.

Die drie algemeenste ouerskapstyle is;
  • Outoritre Styl
  • Permissiewe Styl
  • Demokratiese Styl
Die Outoritre Styl

Hierdie styl is baie populr by groot gedeeltes van alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. Dit berus op die beskouing dat ouers altyd meer as kinders weet en dat mans meer as vrouens weet.

Die styl word deur ouers gebruik wat op hulle mag en gesag staatmaak en gaan met die veronderstelling uit dat kinders min tot geen seggenskap het nie, ons ouers se siening en uitlatings is hier nog van toepassing. "Kinders word gesien en nie gehoor nie." Daar word nie geredeneer nie, daar word ook nie besprekings oor sake gehou nie. Al wat belangrik is, is wat die ouers wil h en die kinders moet maar net geliefs daarmee saam leef.

Die ouers verwag dat die kind onderdanig en gedwe moet wees, nie dinge behoort te bevraagteken nie en presies moet maak soos hulle s. Indien die kind hier sou oortree maak die ouers gebruik van teregwysings, dreigemente en straf. Die ouers neem dus die meeste besluite en die kind self het geen s daarin.

Meeste konflikte in 'n gesin ontstaan as gevolg van 'n magstryd tussen die ouer en die kind, en dalk ook tussen man en vrou. Kinders van outotitre ouers bly soet, hand-agter-die-rug kinders wat nie hul eie keuses kan maak of besluite kan neem nie. Hier volg 'n tipiese voorbeeld:

Ouer: "Voordat jy buite gaan speel, moet jy eers jou speelgoed op tel en dit bre."
Kind: "Maar ek wil nie nou nie."
Ouer: "Ek praat nie weer nie."
Kind: "My maats wag alreeds vir my en ek is regtig nie nou lus nie."
Ouer: "Ek tel tot tien. As jy dit nie opgetel het nie, foeter ek jou."

Die Styl laat die kind minderwaardig, ontoereikend en skaam voel en maak hom gespanne en afhanklik van ander mense. Hy sal ook nie maklik verantwoordelikheid aanvaar nie. Wanneer hulle in die tienerstadium kom, kan 'n kind met outoritere ouers wantrouig, uitdagend en aggressief optree en teen gesag in opstand kom. Hulle word ook dikwels leunaars.

Gesag vloei van die ouers af na die kind toe. Die oplossings vir probleme is by die ouers te vinde en word op die kinders afgedwing. Namate die kinders egter ouer word, vloei die verwyte weer terug na die ouers toe, want hulle voel onderdruk, misbruik en verneder. Kinders voel toenemend dat hulle nie so dom is nie en dat hulle ook 'n opinie oor sake mag h, maar dat daardie opinie deur hulle ouers gegnoreer word. Dit is 'n goeie voorbeeld van 'n "wen-verloor" tipe oplossing - ouers wen, kinders verloor en basta met die res! Dit mag dalk voorkom of dit werk wanneer die kinders baie klein is, maar op een of ander stadium kom die rebel in jou tiener uit.

Permissiewe Styl

Herdie Styl word gekenmerk deur die ouer wat die kind toelaat om te doen wat hy wil, 'n tipe houding van laat Gods water oor Gods akker loop, winig of geen straf of teregwysing word gemaak nie en alles wat die kind doen dra die ouers se goedkeuring weg. Die ouers neem geen besluite vir die kind nie en laat hom maar sy eie kop volg.

Hierdie Styl laat die kind voel en dink dat niemand vir hom omgee of liefhet nie, wat weereens kan lei tot gevoelens van onveiligheid en onsekerheid. Indien dinge vir die kind begin skeef loop kan ouers verwag dat die verwyte na hul kant toe sal kom, julle is mos onbetrokke.

Die negatiewe aspekte van hierdie styl is dat dit uiteindelik 'n kind sal oplewer wat gewoonlik min of geen gesag vir gesagdraers het nie, baie selfsugtig is en geen waardering het vir ander mense nie.

Demokratiese Styl

'n Alternatief vir die bogenoemde twee style is die Demokratiese Styl. Hierdie styl word ook die "kom-ons-doen-dit-saam" styl genoem. Hierdie Styl word gekenmerk deur ouers wat probeer om die kind se denke, gevoelens en gedrag te verstaan en te aanvaar. 'n Kind te aanvaar soos wat hy is met sy talente en ook sy tekortkominge.

Voordat straf uitgedeel word probeer ouers agter die kap van die byl kom, probeer om die situasie uit die oog van 'n kind te sien. Dit beteken nie dat die kind nie gestraf gaan word nie! Die straf sal net beter in verhouding wees teenoor die oortreding.

Hierdie ouer het respek vir sy kind en doen moeite om met sy kind te gesels, te luister na wat hy s. Hierdie ouer besef ook hoe belangrik dit is om 'n kind te leer om selfstandig en verantwoordelik te wees. Hier besef ons dat tyd die belangrikste geskenk is wat ons vir ons kinders kan gee.

Dit ontwikkel nie net 'n positiewe selfbeeld en respek vir mekaar se behoeftes nie, maar skep ook 'n geleentheid vir kreatiewe probleemoplossings. So ook bevorder dit die ontwikkeling van volwassenheid by kinders, en stimuleer kommunikasie omdat daar van kleins af 'n goeie verhouding tussen ouer en kind geskep word asook wedersydse respek en aanvaarding. Hier volg 'n voorbeeld:

Ouer: "Voordat jy buite gaan speel, moet jy eers jou speelgoed op tel en dit bre."
Kind: "Maar ek wil nie nou nie."
Ouer: "Ek praat nie weer nie."
Kind: "My maats wag alreeds vir my en ek is regtig nie nou lus nie."
Ouer: "Dis nou vir jou 'n probleem. Ek wil nie h jou speelgoed moet rond l nie en jy wil gaan speel. Wat dink jy moet ons doen?"
Kind: "Ag pappa! Okay, ek sal dit bre as ons klaar gespeel het."
Ouer: "Dit gaan my nie regtig help nie, want ek sal die hele tyd oor jou speelgoed moet klim en probeeer om dit nie stukkend te trap nie. Wat van as jy jou maats vra om jou te help, dan sit julle dit net in jou kamer en bre dit voordat jy gaan slaap?"
Kind: "Okay, ek sal hulle gou gaan roep en vra om my te help."

Anders as die outoritre styl waar dit net 'n "wen-verloor" situasie was, het 'n mens hier weer die "wen-wen" benadering.

Oplossings word gesamentlik onderhandel terwyl elkeen 'n kans het om sy behoeftes en frustrasies te bespreek. Met so 'n benadering hoef niemand te voel die ander party verneder hulle nie.

Deur die regte styl toe te pas kan jou rol as ouer soveel makliker wees. Dit is duidelik dat jou styl van ouerskap 'n groot invloed het op jou kind se selfbeeld. Ons moet egter besef dat ouers uiteraard soms permissief en ander kere outokraties sal optree, al besef hulle dat die demokratiese ouerskapstyl die beste is. Die belangrike vraag is egter; Wat is die oorheersende styl waarvolgens jy optree?

John C Maxwell- Die vraag is nie gaan jy misluk nie? Die vraag is: "Hoe gaan jy jou mislukking hanteer?"

Back to Top

Dissipline: Optimale Voorskoolse Ontwikkeling

Dissipline en vandag se kleuters!

Dissipline, 'n gelaaide woord wat seer sekerlik gemengde gevoelens by die meerderheid van die mensdom ontlok! 'n Versugting in die harte van bekommerde ouers en opstandige verwerping deur rebelse tieners. En tog, watter voortreflike resultate kan dit nie oplewer nie...

Dit is waar, elke kind moet af en toe bederf of vertroetel word. Dit is ook waar dat 'n kind verdien ook 'n regmatige deel van sy ouers se liefde, tyd en aandag omdat dit hulle bemind en veilig laat voel. Maar wanneer kinders oorlaai word met besittings of enigiets kry wat hulle vra, of voordurend die middelpunt van die aandag is, selde of nooit gedissiplineer word nie en hulle behoeftes altyd voor die van hulle ouers of ander mense gestel word, sal hulle grootword met die idee dat die wreld heeltyd om hulle draai en 'n baie veeleisend mens word.

Kom ons gaan staan vir 'n oomblik stil by die definisie van dissipline soos dit in die HAT staan. Dissipline: gehoorsaamheid aan gesag; ordelike gedrag.

Ons enkele gedagtes rondom dissipline wissel, maar daar word veral in hierdie opsig gedink aan dissipline in die skool. Die woord dissipline wek soms 'n uiteenlopende reeks van reaksies. Dikwels voel mense dat daar soms "te veel dissipline" by 'n skool is en ander voel soms dat daar "te min" dissipline in 'n skool is en hierdie verskillende opinies kan gehuldig word ten opsigte van dieselfde skool!

Sommige mens gaan goed om met dissipline en voel dat dit nodig is, terwyl ander voel dat dissipline 'n ou uitgediende stelsel verteenwoordig. Die term "dissipline in die skool" kan soos volg genterpreteer word.

Die doel van dissipline (ordelike gedrag) is dat die leerders se gedrag van so 'n aard is, dat hulle nie ander leerders se onderrigtyd "steel" nie en dat die leerders se gedrag 'n kultuur van effektiewe leer en opvoeding daar stel en ondersteun.

Dissipline kan op twee uiteenlopende wyses gehandhaaf word, soos deur negatiewe kondisionering (straf) of positiewe kondisionering (beloning). Maar die resep vir sukses van funksionele dissipline is, bly maar selfdissipline.

Goeie dissipline begin dus nie by die skool nie, maar tuis! Ons as ouers moet begin om verantwoordelikheid vir ons kinders se dissipline orals te aanvaar. Of dit nou in die klaskamer is, of op die speelgrond, in die dorp, by 'n restaurant of selfs by familie en vriende. Ons behoort ons kinders so groot te maak dat hulle funksioneel binne die klas kan funksioneer en nie ander kinders of die onderwyseres se onderrig en tyd steel nie, of die opvoedkundige situasie saboteer nie. Dissipline gaan gepaard met verantwoordelikheid en kinders hoort dit reeds van kleins af te leer en te aanvaar. Slegs ouers, wat binne die sosialiseringskring van die gesin is, kan die geleentheid skep vir die ontwikkeling van die kind se sin vir verantwoordelikheid.

Dissipline wat word by enige opvoedingspatroon aangeplak word, gaan ongelukkig jammerlik misluk. Die effek daarvan is vandag maar te sigbaar in die meeste openbare skole. Om effektief te wees, moet dissipline ten nouste verweef wees met die gesagsdraers, naamlik die ouers. Doen mens dit nie, sal die kinders gou insien dat die waardes en die dissipline wat mens probeer bevorder, vals voorkom. Die aanvaarding van dissipline is 'n groeiproses. Die ma en pa moet dus altwee hulleself afvra: Wat is ons gesin se korttermyn en langtermyn visie? Op die korttermyn, wil ons h dat ons kinders ons gehoorsaam.

Op die langtermyn, bid ons dat ons kinders 'n gedissiplineerde Christelike leefwyse hul eie sal maak. In die opvoeding van ons kinders is daar vrae wat die meeste ouers kwel. Wanneer moet my kind kleuterskool toe gaan? Hoe vroeg kan ek my kind leer lees? Wanneer stel ons hulle aan sportopleiding of kunsklasse bloot? Ons wil ons kinders so graag ontwikkel. So graag die beste geleenthede gee om hulle talente te ontplooi.

Maar, as jy versiende is, begin jy by die begin. By die vorming van sy gees. Mamma en pappa dra hulle ongebore kindjie reeds aan God op in gebed terwyl dit nog onder die hart gekoester word. Hierdie kind wat 'n sening uit God's hand is, moet uiteindelik weer aan God afgestaan word. Die beste voorbereiding begin sodra jou kind die verskil tussen ja en nee kan verstaan. By die toepassing van eenvoudige dissipline wanneer die kinders nog babas is. Die beste wegspringtyd vir geestelike vorming begin sodra jou kind die verskil tussen ja en nee kan verstaan. Dan begin die allernoodsaaklike taak om die kind te lei om sy ouers te gehoorsaam.

Die groot vraag is net: Hoe leer kinders dan om gesag te gehoorsaam? Hoe kry ouers dit reg dat hulle kinders hulle gehoorsaam? Die antwoord is eenvoudig! Deur ferm, liefdevol en konsekwent te wees. Wanneer? Van opstaantyd, deur die dag, aan tafel met maaltye en met slaaptyd. Kortom - altyd! Regtig?

Ja, want kos word blitsig 'n magtige wapen teen ouerlike dissipline. Die kind moet van meer af geleer word om te eet wat voorgesit word. As pap ingeskep is, mag hy nie twee happies eet, dan op brood aandring en net daarna 'n appel gryp en twee happe daaruit neem, terwyl ons as ouers alles gelate toelaat ter wille van die vrede nie. Ons kan nie God dank vir die kos en net daarna kla dat ons dit nie wil h nie, of nie meer daarvan hou nie, of dat dit nie meer lekker is nie.

Slaaptyd en bed toe gaan is 'n groot verklikker van wie die hef in die hand het. Meeste van die tyd wen die kind! Hoe betrokke die pappa by sy kinders is, is hoe effektief die dissipline is. Besluit saam oor 'n geskikte tyd. Hou daarby. Gaan kamer toe saam met die baba, gee aan hom/haar aandag totdat hy/sy rustig slaap of tevrede alleen sal agterbly. Druk deur, moenie aarsel nie. 'n Heen en weer geskarrel kamer toe maak dat die kind jou nooit sal glo as jy s dis slaaptyd nie. Pa moet maar inspring en help want twee se uithouvermons en kragte is beter as een. Die pappa se bors is 'n mobiele bed wat sekuriteit verskaf en 'n brug tussen die bekende en die onbekende wanneer mens op besoek is in 'n vreemde huis.

'n Ferm maar besliste pappahand op die lyfie bring 'n wriemelende mensie uiteindelik tot bedaring as die praktyk dit leer dat aan die geduldige deursettings-vermo nie kan ontkom word nie. Probleemgedrag wat ontstaan rondom bed toe gaan tyd is heel dikwels direk toe te skryf aan onvoldoende aandag van die ouers of onkonsekwente optrede.

Die kind kan nie daarvoor gestraf word nie en die ouers moet verantwoordelikheid hiervoor aanvaar. Dit vra opoffering om verskoning te maak by jou gasheer of gaste en jou te onttrek om jou kinders tot ruste te bring, maar dis tot almal se beswil.

Verder, formuleer ten alle tye opdragte eenvoudig en duidelik. Buk af en kry jou kind se aandag deur hom op sy naam aan te spreek. As hy op die eetkamertafel geklim het, moenie s: "Dis nie mooi om op die tafel te klim nie." Hy's klaar daar! S: "Andries, klim dadelik van die tafel af!"

Dis 'n ondubbelsinnige opdrag. As hy nie dadelik reageer nie, tel hom ferm af met 'n raps op die boudjie. Deur volgehoue konsekwente optrede moet ons kinders geleer word om onmiddellik gehoorsaam te reageer. 'n Klein kindjie kan 'n ligte vingertik ontvang. As hy luidkeels begin skree of homself op die grond neergooi, wys hy dat hy beheer verloor het.

Tel hom op, hou hom vas tot hy tot bedaring kom, sonder om op hom te begin skree. Hy sal jou nie hoor nie. Jou kind mag ook nie weet dat hy jou ontstem met sy reaksies nie. Bly kalm en praat ferm en dring aan op onmiddellike reaksie. Dit help dus nie as jou kind op drie of vier kan lees of skryf of somme maak, of selfs die name van Bybelboeke kan opnoem, of 'n tweede taal begin aanleer en hy verstaan nie die verskil tussen ja en nee in sy eie taal nie.

Dus, dissipline en aandag begin reeds van dag een af. Wees vasbeslote, al kos dit baie moeite en nog meer trane. Doen dit sonder om kras te wees. Maar duld geen tepratery en geen versuim. Die gouste om 'n kind te bederf, is om hom sy sin te gee en om hom toe te laat om verkeerd op te tree, sonder om hom te tugtig.

Moenie van jou kinders afgodjies maak nie. God mag later die wangedrag van hierdie selfde afgode gebruik om ons deur smart van ons dwaasheid te oortuig. Leer om vir jou kinders "nee" te s! So leer kinders om bybelse gesag te respekteer. Ons handhaaf ouerlike verantwoordelikheid en gesag, omdat God dit beveel. Dis in gehoorsaamheid aan Hom dat ons, ons kinders lei en tugtig. Ons is nie slegs besig om ongewensde gedrag te beheer nie. Ons moet dus ook voortdurend arbei om ons kinders te leer dat hulle eerstens onder die onmiddellike gesag van God staan. Dit beteken dus beheersing van die eie wil en onderwerping aan Sy wil.

Dit is soms moeilik om 'n middeweg te vind tussen liefde en te veel toegeeflikheid. Soms is dit makliker om die kind te bederf en t toegeeflik te wees. Veral by tye wanneer die kind siek is en veral as die siekte herhaaldelik voorkom.

As mamma moet werk, kan sy skuldig voel omdat sy nie by haar kind kan bly nie en probeer dit reg maak deur die kind ten alle tye sy/haar sin te gee. Dieselfde tel wanneer pappa baie weg is van die huis of as die ouers geskei is. Partykeer, as die een ouer baie streng is sal die ander ouer daarvoor probeer vergoed deur t toegeeflik te wees.

'n Enigste kind, of 'n kind vir wie die ouers lank gewag het, of een wat die eerste of enigste kleinkind is, word gewoonlik ook bederf. Oumas en oupas bederf soms so 'n kind tot in die afgrond in teen ma en pa se wil, maar die voel magteloos.

Ouers wat arm grootgeword het, wil dalk vir hulle kind gee wat hulle nooit self gehad het nie. As die kind se maats baie besittings het en die ouers nie hul kind wil laat agterbly nie, sal hulle hulle kind moontlik ook bederf.

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Dissipline sonder Skree:

Om op jou kinders te skreeu is ? gewoonte wat ongemerk deel van kinders-grootmaak word. Maar hoe om uit die gewoonte te kom? Om ? kind groot te maak sonder skreeu is makliker ges as gedaan, sal menige ma van woelige kleintjie wat net nie ore het nie jou vertel.

Want, is haar ondervinding dis al hoe sy luister. Die rede is dat ? ma haar kind onwetend leer sy is net ernstig as sy skreeu. As ? mens eers daarmee begin word dit ? kringloop. Die kind weet naderhand wat die presiese desibel van jou stemtoon is vr sy jou ? raps te ver gedryf het. v Die toepassing van liefdevolle dissipline op die regte manier is ? kuns wat almal kan aanleer. Jy mag ervaar dat ? skreeuery werk, maar dit kraak jou kind af, laat jou sleg voel en jy moet al hoe harder skreeu om dieselfde resultate te kry. Om jou kinders na jou te laat luister moet jy ? afsnypunt kry wat onafhanklik van jou emosie is. Wees ook konsekwent met die toepassing van strawwe wat jy beloof het.

? Ouer mag maar wys dis nie vir haar lekker om te straf nie. "Terwyl jy haar raps, laat haar verstaan dat sulke ongehoorsaamheid nie by so ? oulike kind pas nie. Dit verseker dat jou straf nie jou kind se selfbeeld benadeel nie. Positiewe gevolge werk beter!

Veral klein kindertjies wat gereeld hul ouers aan die skreeu sien gaan, voel naderhand baie weerloos. As hulle optrede hul ma so totaal buite beheer kan dryf, wie gaan sorg dat alles regloop as daar ? inbreker is? Ouers wat sonder ophou vir die kind vra om opdragte uit te voer, maar niks doen as dit nie gebeur nie, sal naderhand uit pure moedeloosheid aan die gil gaan. Sien hulle dit werk, raak dit ? gewoonte. Dis onnodig. Dis maklik om in beheer te bly as jy sonder uitsondering strawwe waarvan die kind nie hou nie, bohaailoos toepas.

Opvoedkundiges waarsku ook teen sogenaamde beskaafde maniere soos sarkasme om gehoorsaamheid af te dwing. Soms word dit gebruik as plaasvervanger vir die lat wat deesdae onwettig is. Dit kan ? jongeling se selfvertroue vernietig. Dis makliker vir kinders om jou opdragte uit te voer as jy iets lekkers, nie noodwendig iets met materile waarde nie, daarvoor beloon. Byvoorbeeld: "As jy vr sewe-uur by die ontbyttafel is, kan jy kies wat jy op jou toebroodjies skool toe wil h."

As julle saam in ? winkel is: "As jy heeltyd langs my trollie loop en aan niks op die rakke vat nie, kry jy die vrugtesap wat ek hier voor in die trollie neersit." Die konkrete sien daarvan sal jou kind herinner om haar handjies tuis te hou. Moet dit egter nie as omkoop gebruik vir normale alledaagse verpligtinge nie.

Vir ? tienjarige om elke aand tande te borsel, behoort nie onderhandelbaar te wees nie en dit regverdig dus nie ? beloning nie. Dis ook belangrik om soos die kind ouer word, eerder die natuurlike gevolge van korrekte, bedagsame of goeie optrede uit te spel. Dit laat haar meer volwasse voel. S eerder: "Groet nou vir Ouma met ? lekker drukkie, dan sal jy sien hoe bly dit haar maak."

? Geskreeu op kinders wat in ? groef van totale ongehoorsaamheid verval het of ander gedragprobleme toon, is ook fataal. Probeer eerder ? alternatiewe program of benadering. Die bekendste hiervan is die stelsel van sterretjiesplak vir positiewe gedrag. "Dis altyd ? goeie idee om nooit net een van jou kinders hierby te betrek nie, maar dit eerder ? gesinspoging te maak.

Nog ? belangrike beginsel is om nie aan meer as een aspek gelyk te werk nie. Een maand kan dit vir getroue huiswerk doen wees en die volgende omdat hulle nooit baklei nie. Onthou ook dat sterretjies vervelig kan raak. Gebruik jou verbeelding om afwisseling te vind. So kan ? stukkie van ? interessante prent telkens ingekleur word totdat dit klaar is of sente in ? botteltjie gegooi word tot dit vol is. Swart kolle vir nie-nakoming is onaanvaarbaar. Dit herinner net die kind aan haar feilbaarheid en menige mislukkings.

Moet ook nie jou spruit straf as sy woede toon vir haar eie foute of as sy ontsteld is omdat jy die straf wat jy belowe het, toepas nie. Sy moet egter verstaan dat haar gedrag niemand skade mag doen nie, en dat sy nie in die openbaar mag optree op maniere wat ander mense verontrief of irriteer nie. Maar laat haar gerus haar kwade gevoelens huilend en trippelend uitwoed.

Straf vriendelik!

Jy straf nie omdat jou kind jou te na gekom het nie, maar omdat sy oortree het. Jou verhouding met haar moet daarbuite gehou word. Gehoorsaamheid is ? proses waaraan julle twee as ''n span saamwerk. Dis nie nodig om ooit straf met ? kwaai houding toe te pas nie. As jou kleuter ? oortreding begaan en julle het ooreengekom op ''n straf, straf dan sonder ? tirade of ? woeste sedepreek. Sodoende hoef julle verhouding nie skade te ly nie. Hou gedurig gesinsvergaderings en bespreek julle huisrels. Jou kanse is dan beter dat hulle dit sal nakom. "So kry jy ook hul samewerking eerder as blote gehoorsaamheid uit vrees vir die straf wat gaan volg. Veral jou ouer kind moet altyd weet dit maak nie saak hoe erg die oortreding was nie, op haar ouers se liefde en aanvaarding kan sy altyd staatmaak. Wanneer mag jy skreeu?v Nooit! Maar as jy soos die meeste ouers soms bitter moeg van die werk af kom en heel menslik van jou goeie voorneme afwyk, vra jou kinders om verskoning. So sien hulle jy het berou en is bereid om jou foute te erken. Onthou verder dat sommige ekstroverte, nes hulle van blydskap skreeu, makliker hul stemme vir klein irritasies mag verhef. Maar ? kind sal weet as sy so ? ouer het en sal dit nie traumaties ervaar nie.

Dit gaan ook nie altyd oor die volume van jou stem nie. Jy kan op ? ysige, bitsige en sarkastiese manier iets nog meer giftig oordra as wanneer jy skreeu. Dit is die graad van negatiewe emosie en woede wat die skade doen. Kinders wie se ouers van jongs af op hulle skreeu, sien hulle maklik as agtergrond geraas en neem hulle nie ernstig op nie. As jy ? ouer wil wees wat jou kinders se respek waardig is, sorg dat jy regverdig straf uitdeel wanneer dit nodig is, sonder om jou tot ? skreeuery te wend.

Back to Top

Tantrums:

Dit skree, dit skop, dit stamp die voete, dit val op die grond, Johnny Clegg in konsert? Nee, dit is jou eie vlees en bloed wat vir jou die pragtigste "tantrum" gooi!

Indien jy by hierdie artikel uitgekom het beteken dit dat jy dit of al gesien of ervaar het en nou opsoek is na raad van hoe om dit te hanteer. Wel die goeie nuus is; dit is natuurlik en alle kinders doen dit maar dit beteken ook dat ons nie nodig het om ons o uit ons kop uit te skaam as dit wel gebeur nie. v Ek weet die korrekte afrikaans is vloerstuipe maar om die artikel maklik leesbaar te maak gaan ek deurentyd verwys na "tantrum" Tantrums begin gewoonlik voor die ouderdom van twee wanneer kinders begin te eksperimenteer in verskillende maniere om te kry wat hulle wil h; hulle kan of s asseblief en wag of hulle kan 'n tantrum gooi en in die meeste huisgesinne dadelik kry wat hulle wil h. Ongelukkig in die meeste gevalle verkies kinders om nie asseblief te s nie.

Jou rol as ouer is tweevoudig; om die ongewenste reaksie by jou kind te ruil vir 'n meer aanvaarbare reaksie en om jou kind te leer hoe om emosies suksesvol te hanteer

Eerste dinge eerste, Wil jy graag jou kind se vloerstuipe onder beheer kry? Indien jou antwoord ja is, is daar 'n paar dinge waaraan jy eerste aandag moet gee alvorens ons gaan oorbeweeg na die verskillende tipe "tantrums" en hoe om dit te hanteer.

Stappe:
  1. Gesels met jou maat oor wat julle gaan doen as die volgende uitbarsting kom
  2. L reels neer oor wanneer julle gaan troos, wie gaan troos en wat ges gaan word
  3. Gesels oor hoe julle gaan reageer in verskeie situasies by verskillende plekke
  4. Neem julle voor om altyd konsekwent te wees en nie een situasie ongestraf te laat nie, maak nie saak waar julle is nie.
  5. Neem julle voor om mekaar te ondersteun
Jou eerste stap is om te identifiseer watter tipe "Tantrum" dit is wat jy moet hanteer. Gewoonlik kan jy ondersei tussen drie verskillende tipe tantrums.

1. Manipulerend

.Hierdie is gewoonlik die meer algemeenste "tantrum" by kinders van drie en ouer. Die tantrum kom gewoonlik voor wanneer jou kind nie sy sin kry nie en sy wil op jou probeer afdwing, maar onthou tantrums oor die algemeen kan al begin by so vroeg as nege maande.

Gewoonlik sal 'n tantrum wat manipulerend van aard is stop as jy dit ignoreer en nie nog olie op die vuur gooi nie Die beste manier om dit te hanteer is om net weg te stap(vir jou eie beswil) as dit gebeur en vir jou kind te wys jy steur jou nie daaraan nie. Gewoonlik sal dit nog 'n rukkie aanhou en dan sal die kind oorbeweeg na stap 2 toe en begin te huil uit frustrasie dat jy nie wil ingee tot haar versoek nie. Sommige ouers verkies om die kind uit die geselskap te neem en iets te se soos " en as jy klaar is en gekalmeer het is jy welkom om weer by ons te kom sit".

Besef net dat as jy een keer ingee op 'n tantrum jy vir weke lank sal en gaan sukkel om daardie kondisionering uit jou kind te kry. Dink bietjie daaraan; as jy een keer nee ges het en jou kind het 'n tantrum gegooi en jou nee het verander in 'n ja dan leer jy haar mos dat as sy net bietjie aanhou jy eventueel tog ja gaan s. Sy gaan nou deurentyd probeer om altyd daardie JA te kry. Byt op jou tande en hou uit al is die tantrum hoe erg en al voel jy hoe skuldig, laat jou nee 'n nee bly maak nie saak waar jy is nie..

Indien julle bv na 'n kettingwinkel of in die publiek is, is dit moeilik om jou kind net te ignoreer so probeer die volgende;

Om kruideniersware te gaan koop is seker vir enige ouer die grootste nagmerrie, voordat ons gaan begin met die hantering van die tantrum in 'n winkel doen eers die volgende: vertel aan jou kind dat julle nou winkel toe gaan en sy gaan niks kry as sy haar nie gedra nie, jy sal wel vir haar iets kry as sy haar gedra, maar sy kan byvoorbeeld die trollie stoot.

Onthou net jy moet kies wat sy kry en nie sy nie- moet haar asseblief nie 'n keuse gee nie. Vertel haar dat as sy 'n tantrum gaan gooi gaan julle dadelik die winkel verlaat en huistoe kom waar jy haar dan gaan straf. Onthou, sy gaan jou nie die eerste keer glo nie, so gaan doen eers 'n oefenlopie by 'n kleinerige Spar of 'n plek wat vir julle bekend is en waar jy vinnig by jou motor kan uitkom. Doen die bogenoemde oefening vir so drie keer as oefenlopies en indien sy nog buite jou raamwerk beweeg gaan oor na stap 2.

Vertel haar dat jy vandag weer winkel toe gaan maar dat sy nie mag saamgaan nie want sy luister nie na jou nie en sy gaan ook niks kry nie. Moet asseblief nie na die tyd vir haar iets bring of gee omdat jy skuldig voel nie, bly by jou besluit.

Indien jy volgende keer weer winkel toe gaan doen weer bogenoemde en reageer soos uiteengesit. Probeer om haar nou weer winkel toe te neem en hanteer weer soos bogenoemde. Moenie moed verloor nie- jou kind sal eventueel verstaan dat sy jou nie kan manipuleer in publieke areas nie.

Frustrasie

Hierdie uitbarstings kom gewoonlik voor waar kinders nog nie die vermo besit om verbaal te kommunikeer nie. Gewoonlik weet die kind wat sy soek maar kannie dit in woorde uitdruk nie. Wanneer die taal verbeter verdwyn die tipe tantrum gewoonlik ook.

Probeer om uit te vind deur ja of nee vrae te vrae, hopelik sal jou kind kopskud as dit die frustrasie is byvoorbeeld "ek sien jy trek aan jou beld, is hy te styf?" As jy verkeerd geraai het vra jou kind om te wys wat dit is wat pla.

Woede Uitbarstings

Die derde tipe tantrum is wanneer bogenoemde frustrasie oorbeweeg na 'n dieper emosie "woede". Soos met 'n frustrasie tantrum sal dit nie help om die situasie te ignoreer en weg te loop nie. In die meeste gevalle gebeur dit as die kind moeg, geiriteerd, kwaad en of teleurgesteld is. Die warboel van emosies wat opwel is te veel vir die kind om te hanteer en hierdie kinders kan gewoonlik nie alleen kalm raak nie en het dan jou liefde, versekering dat dit sal beter word en begeleiding nodig. Al vra jou kind nie vir jou hulp nie het sy dit nodig.

Doen die volgende om jou kind te help om die emosies onder beheer te kry;
  • Haal diep asem en bly kalm.
  • Gee die erkenning van die emosie "Dit maak jou baie kwaad, n?"
  • Moedig jou kind aan om haar gevoelens te verbaliseer "S vir my hoekom is jy kwaad, wat wil jy h" Die uitdrukking van woorde om die situasie te omskryf help die kind om die frustrasie/ emosie te verstaan en later beter te beheer.
  • Bevestig wat jou kind probeer s. "Ek sien jy ruk aan jou truitjie, jy kan vir my in woorde s dat jy nie die truitjie wil dra nie. Natuurlik, haat jy nie die truitjie wat ouma vir jou gebrei het nie. Kyk hoe mooi is dit!"
  • Bied ''n alternatiewe keuse: "Ek gaan nie lekkergoed koop nie, maar jy kan kies tussen 'n appel of 'n peer"
  • Probeer om altyd ja te s en vermy die woord "Nee", probeer eerder "...ja, jy kan ietsie kry om te eet. Jy kan besluit; of ''n appel of ''n peer"
  • Motiveer verbaal: "Ja, mamma weet jy is kwaad maar jy sal netnou beter voel. Wanneer jy kalm is kan ons kyk wat kan ons doen om jou beter te laat voel.
  • Iets wat al baie goed vir my gewerk het is om oor te gaan na die "Ballon benadering". Vra jou kind om al haar kwaad in die kamma ballon te blaas. Plaas jou hande voor haar mond en as sy begin te blaas vergroot jou hande om die kwaad te wys wat uitkom en pop hom daarna. Jy kan dit ''n paar keer doen om al die kwaad uit te kry.
Let Wel weereens: Indien jou kind al voorheen 'n tantrum gegooi het en julle ingegee het op die uitbarsting gaan dit nou moeiliker wees om te hanteer, jou kind gaan verwag dat jy ingee...

Stephen Bayne- Ek is nou omtrent soos 'n muskiet by 'n nudiste kamp; ek weet wat om te doen maar ek weet nie waar om te begin nie!

Back to Top

Piepie in die Kooi:

Daar is omtrent sewe miljoen kinders wat elke aand hulle bed natmaak. Dit is 'n groep kinders wat heeltemal misverstaan word. Baie van hierdie kinders se ouers glo dat hulle doelbewus hulle bed natmaak en dat dit uitgeskakel kan word met straf. Ander weer, dink dat hierdie kinders te lui is om toilet toe te gaan. Dit is verkeerde en ongelukkige opvattings.

Badnatmaak word dikwels deur mediese faktore veroorsaak soos 'n klein blaas, fisieke onvolwassenheid of ander fisieke toestande. Daarom moet jy 'n pediater of 'n uroloog raadpleeg wanneer jou kind sy bed natmaak. Omtrent 50% van hierdie kinders kan met medikasie gehelp word.

Vir ander kinders het die probleem 'n emosionele oorsprong. Enige verandering in die psigologiese omgewing van die huis kan lei tot 'n middernagtelike nattigheid. Tydens skoolkampe behoort die roetine vir die organiseerders te wees om 'n plastiek omhulsel om die matrasse te sit vir al die kleiner besoekers. Die angs wat wegwees van die huis af meebring veroorsaak skynbaar 'n ho moontlikheid van bed natmaak in die eerste paar nagte.

Daar is 'n derde faktor wat ek voel dikwels die oorsaak van enurese is. Tydens kinders se kleuterjare maak hulle die bed nat bloot omdat hulle nog te klein is om in die nag hulle blaas te beheer. Sommige ouers, in die poging om te keer dat so iets weer gebeur, begin om hierdie kinders in die nag wakker te maak om toilet toe te gaan. Die kind is nog deur die slaap, maar hy of sy word aanges om gou 'n draaitjie te gaan loop.

Wanneer hierdie kondisionering vasgel is, droom die kind wat snags moes gaan urineer dat hy of sy aanges word om te "gaan". Wanneer sulke kinders in die nag gesteur word of daar word aan hulle geroer, kan hulle maklik glo dat hulle toilet toe gelei word en dan die bed natmaak. Ek stel voor dat ouers van groter kinders wat bed natmaak, ophou om hulle in die nag wakker te maak , selfs al sal die gewoonte nog 'n tydjie voortduur.

Daar is ander hulpmiddels wat soms werk, soos elektroniese apparate wat 'n klok lui en die kind wakker maak wanneer die urine 'n elektriese stroombaan voltooi. Dit kondisioneer die kind om die gevoel om te urineer te assosieer met die lui van die klok wat hom wakker maak. Ek het al dramatiese suksesverhale gesien waar "geharde" bed natmakers binne weke deur die gebruik van sulke apparate genees is. Dit kan nie kwaad doen om dit te probeer nie.

En onthou, kinders wat bed natmaak het bemoediging en geduld van hulle ouers nodig en hulle moet daar wees vir hulle kinders. Dit help ook soms om te glimlag. Ek het een keer 'n brief van 'n ma ontvang waarin sy vir my haar driejarige seuntjie se slaaptydgebed neergeskryf het. Hy het gebid: "Nou l ek my neer om te slaap. Ek maak my o toe; ek maak die bed nat."

deur Dr. James Dobson

Back to Top

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Slapenstydroetine en Vrese : Optimale Voorskoolse Ontwikkeling

Op die ouderdom van ongeveer 12-18 maande sal jou peuter begin om minder slaap nodig te h. Een dagslapie word gewoonlik uitgeskakel namate meer opwindende dinge gevind word om in die huis te doen. Slaapprobleme kan ook saans begin opduik omdat jou peuter nou haar selfstandigheid wil laat geld, of omdat die behoefte om tyd met jou te spandeer oorheersend is.

Menige probleme ivm slaaptyd kan vermy word indien jy as ouer net genoegsame tyd met jou kind sal spandeer.

HOEVEEL SLAAP HET 'N PEUTER NODIG?

Die hoeveelheid slaap wat kinders nodig het, wissel van kind tot kind, party kinders het meer nodig en ander minder. Humeurigheid en knieserigheid kan dui op t min slaap. Wees realisties oor hoeveel slaap jou kind nodig het. As jou twee-jarige snags net 11 uur slaap, is dit onredelik om haar om 19:00 in die bed te sit en te verwag dat sy tot 08:00 die volgende oggend moet deurslaap. Jy kan oor die algemeen reken op: 12-14 uur (dagslapies inkluis) vir 'n eenjarige, 12-13 uur (dagslapies inkluis) vir 'n tweejarige, en 12 uur vir 'n driejarige.

BEHOORT PEUTERS BEDAGS TE SLAAP?

Tot op die ouderdom van twee knip die meeste peuters bedags 'n uiltjie, en party het 'n slapie nodig totdat hulle drie of vier is. So 'n slapie duur so lank as wat jou kind slaap nodig het, en vind elke dag dieselfde tyd plaas. As jou kind slaap wanneer dir vir jou ongerieflik is, of so laat in die middag gaan slaap dat sy saans te laat in die bed kom, probeer om die slaaptyd elke dag 10-15 minute vroer of later te maak totdat sy op die gewenste tyd gaan slaap. Party peuters weier om te slaap, maar her tog nog die rus nodig. As dit die geval is met jou kind, laat haar rustig met speelgoed in haar bed speel of laat haar na 'n storie of musiek op kasset luister. Jy kan ook die geleentheid benut om vir haar te lees. Jy kan die volgende probeer om jou kind aan te spoor om voort te gaan met haar dagslapie: Neem haar 'n rukkie voor die tyd saggies weg van oorstimulerende aktiwiteite; gee haar 'n slaapwekkende versnapering - byvoorbeeld melk en beskuitjies (onversoet); sorg dat haar kamer donker is en sit haar in die bed net soos jy saans doen. As sy testribbel omdat sy nie wil he jy moet haar alleen laat nie, bly 'n rukkie by haar terwyl jy lees of sommer net ontspan.

VERANDERING VAN 'N BABABED NA 'N BED

Die ouderdom waarop jy 'n peuter in 'n gewone bed sit, is 'n kwessie van persoonlike voorkeur, maar as sy eers oor die reling van 'n bababed kan klim, sal jy haar miskien veiligheidshalwe in 'n enkelbed wil sit. Anders kan sy haar baie maklik beseer. Die meeste kinders maak nie beswaar teen 'n gewone bed nie, maar party peuters is soms tesinnig om 'n bekende omgewing te verlaat vir die nuwe onbekende. Indien ruimte nie 'n probleem is nie, kan jy die bababed sowel as die bed 'n paar weke lank in die kamer hou sodat sy 'n deel van die tyd in elkeen kan slaap. Kies 'n tyd wanneer jou peuter se lewe taamlik rustig is - geen nuwe boeties of sussies nie, wanneer sy nie van 'n siekte herstel of toilet onderrig kry of gespeen word nie, en ook nie net voordat julle met vakansie vertrek nie. Maak jou kind deel van die beplanning van die nuwe kamer. Jou kind sal dit waarskynlik geniet om haar nuwe beddegoed te help uitkies, maar moenie haar te veel keuses in die winkel gee nie. Bedek altyd die nuwe matras met plastiek in geval van die onvermydelike ongelukkies of glipsies. 'n Peuter raak gouer aan 'n nuwe bed gewoond as 'n gunstelingkombersie en 'n paar geliefkoosde slaaptydspeelgoed kan saamtrek na die nuwe omgewing toe, hoewel sy dalk net 'n nuwe opgestopte beertjie of diertjie as 'n maat vir haar groot bed sal verwelkom. Die nuwe bed moet laag op die grond wees sodat jou peuter nie sal seerkry as sy daarvan afval nie.

VEILIG EN GEBORGE

Met 'n bietjie sorg en aandag kan jy seker maak dat jou kind se kamer veilig is. Bring muurligte aan en vermy lang elektriese drade, bedek muurproppe, sit slotte aan die vensters, gebruik trap hekkies, bedek verwarmers en sorg dat die meubels geronde hoeke en vaste knoppe het. As jou kind met 'n gelukkige gemoed in die bed klim, sal sy waarskynlik daar wil bly.

'N SLAAPTYDROETINE

Dit is van kardinale belang vir die normale ontwikkeling van jou kind dat jou kind blootgestel word aan 'n gesonde slaaptydroetine. 'n Eenvoudige en kalmerende slaaptydroetine laat jou peuter veilig voel en is die eerste stap in die voorkoming van enige slaapprobleme. Probeer sover moontlik by die roetine hou sodat jou peuter sal verstaan dat dit die voorspel is om in die bed te klim en aan die slaap te raak. Doen die volgende;

Stel 'n tyd vas vir jou kind om in die bed te klim en sorg dat sy daarby hou. Agt uur die aand was nog altyd 'n goeie tyd. Dit veroorsaak nie net dat 'n roetine gevolg word nie maar dit sorg ook dat ma en pa tyd het vir mekaar. Berei jou kind voor dat slaaptyd nader kom. Iets wat nog altyd gewerk het is byvoorbeeld om omtrent 40 minute voor die tyd vir jou kind te s "sjoe, dit is al amper slapenstyd, as die wysertjie daar is op die horlosie gaan mamma vir jou 'n pragtige storie lees. Dink solank watter storie wil jy vanaand h moet mamma vir jou lees. Laat so 10 minute verbygaan en s dan weer ons het nog 30 minute voor slaaptyd, jy moet nou gou gou badkamer toe gaan voordat ons ons storie gaan lees. Wanneer die tyd aanbreek laat jou kind vir pappa nags en gaan lees die storie. Sit jou kind in die bed, maak haar toe en s nag met 'n piksoen.

Bad jou kind kort voor slaaptyd elke aand; laat haar 'n bietjie speel, maar sorg dat sy nie te opgewonde raak van die voorafgaande aktiwiteit nie.

Trek haar nagklere aan; gee haar 'n melkdrankie of peuselhappie voordat jy haar tande borsel. Moet nooit saam met jou kind op die bed gaan l nie, dit veroorsaak net dat jy saam met jou kind aan die slaap raak en jou maat alleen moet los - somtyds tot in die vroe oggendure. Die slegte gewoonte raak eventueel bykans onmoontlik om te breek. Sit eerder op die grond by jou kind se bed totdat sy slaap. Jy kan elke aand 'n bietjie verder van die bed af gaan sit totdat jy eventueel by die deur uit is.

UIT DIE BED KLIM

As jou kind herhaaldelik uit die bed klim en na jou kamer toe kom, s vir haar met besliste stemtoon dat sy moet teruggaan bed toe, en neem haar hand en lei haar terug, probeer om die huilery te ignoreer, plaas jou kind terug in die bed, gaan sit op die vloer en moenie vir jou kind kyk nie. Onthou enige aandag vir 'n kind is positiewe aandag. Indien jy een keer hier sou toegee het jy die geveg verloor. Wees konsekwent in jou optrede. Herhaal hierdie proses totdat jou kind besef dat jy bedoel wat jy s.

NAGMERRIES EN NAGVRESE

Jy kan dalk soms wakker word van 'n deurdringende gil of vreesbevange gehuil. Die meeste kinders ervaar die een of ander tyd skrikwekkende drome wat gewoonlik tussen 18 maande en drie jaar begin. Nagmerries is gewoonlik nie 'n teken van emosionele versteuring nie, maar kan deur 'n ontstellende televisieprogram of 'n vreesaanjaende storie veroorsaak word. As dit herhaaldelik voorkom, kan dit 'n teken wees dat jou kind angstig of ontsteld is oor iets wat gebeur het. As jou kind 'n nagmerrie kry, verwar hulle gewoonlik die droom met die werklikheid. Kalmeer jou kind en praat in 'n gerusstellende rustige toon en gee jou kind die versekering dat niks slegs gaan gebeur nie want jy is daar. Jou kind het slegs jou troos, versekering en gerusstelling nodig. Om nare drome te voorkom moet jy liefs dinge soos televisie, harde musiek of luidrugtige speletjies voor slaaptyd tot 'n minimum beperk. Indien die nagmerries op 'n gereelde basis voorkom begin om te kyk waarin die oorsaak mag wees.

VREES VIR DIE DONKER

Namate jou kind ouer word, word haar verbeelding meer aktief en is die donker onbekende soms skrikwekkend. Sy mag soms in die nag wakker word om badkamer toe te gaan, gebruik dan 'n nagliggie om die ervaring so glad as moontlik te laat verloop, geen vreemde skaduwees sal dan kan opduik om jou kind te ontstel nie. Dit is veral belangrik wanneer jou kind in 'n vreemde bed moet gaan slaap, veral wanneer julle by familie kuier of gaan vakansie hou. Dit sal ook help as jy van jou kind se gunsteling speelgoed vir die bed saamneem en self naby of nie te ver van haar af bly nie.

NAGWANDELARY

Die gewoonte om sonder toesig in die huis rond te loop is gevaarlik vir peuters en moet in die kiem gesmoor word so vinnig of vroeg as moontlik. As sy wel die gewoonte aanleer, is dit soms moeilik om af te leer - maar al word dit ook hoe moeilik om haar in die bed te hou moet haar nie fisies probeer inperk nie. Dit is potensieel gevaarlik en leer haar dat slaaptyd "gevangeneskap" beteken. As iou kind wel ronddwaal, sorg dat vensters, buitedeure en deure na die kombuis en badkamer gesluit is. As jou huis 'n trap her, plaas 'n hek by die bopunt. Die beste afskrikmiddel is om seker te maak dat sy niks met haar rondlopery bereik nie; as sy in die sitkamer verskyn, neem haar onmiddellik terug bed toe en moet haar nie met aandag beloon nie, anders gaan sy dit elke nag doen. Probeer om haar nie wakker te maak nie, moenie enigsins praat nie, lei haar net terug na haar bed toe en maak seker sy is veilig terug in haar bed.

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Skeidingsangs: Optimale Voorskoolse Ontwikkeling

Indien ons gaan kyk na die area van skeidingsangs moet ons net eers besef die aangeleentheid is baie sensitief maar ook maklik omkombaar; eerstens moet ons kyk of dit werklik skeidingsangs is of miskien 'n ietsie meer. Menige kleuterskole en ouers sit daagliks met die probleem van kinders wat nie skool toe wil gaan nie, kinders wat huil, skreeu, baklei en vasklou vir lewe en dood as hulle by die skool afgelaai moet word.

Ek het al menige male ouers gesien omdraai na so 'n fiasko met trane in hulle o, moedeloosheid, magteloosheid en skuldgevoelens duidelik geweerspieel op hulle gesigte. Die ouer se hele dag is omver gewerp maar min besef ouers dat slegs vyf minute later is die trane opgedroog en dan speel daardie einste kind saam met die ander kleintjies. Die tranedal is iets van die verlede; tot moreoggend!

Mev as dit jy was by die kleuterskool met die rooi kar wie se kind so geskree het wil ek net vir jou s; jou kind lei nie aan skeidingsangs nie, jou kind manipuleer jou!!! Menige ouer gaan nog 'n bietjie verder en gaan blameer die skool of onderwyseres vir die kind se gedrag.

Dit is 'n natuurlike deel van elke kind se emosionele en sosiale ontwikkeling. Babas beleef gewoonlik akute skeidingsangs wanneer hulle sowat agt maande oud is. Soos baba ouer word, behoort skeidingsangs geleidelik af te neem, maar dit bly steeds 'n integrale deel van kind wees tot omtrent die ouderdom van twee en 'n half tot vier jaar, indien die kind se gedrag nie geidentifiseer en hanteer word nie kan dit selfs langer aanhou.

As jy 'n baba het, weet jy maar te goed wat skeidingsangs is. Jy kan jou kind skaars neersit om toilet toe te gaan dan is daar 'n geklou en 'n geskree dat die biesies bewe. Kom iemand kuier, klou juffroutjie aan jou vas en die persoon moet maar tevrede wees met net 'n skaam glimlaggie van jou heup af. Die grootste skuldgevoel kom wanneer ons daardie kleine mensie moet gaan aflaai by die versorger of kleuterskool en sy duidelik vir ons laat verstaan dat sy nie daar gelaat wil word nie.

Hoe jou baba skeiding ervaar: Om skeidingsangs beter te verstaan en dit makliker te hanteer, moet jy probeer om dit uit baba se oogpunt te sien. Dan kry jy miskien 'n heeltemal ander perspektief oor waaroor dit werklik gaan. "As baba klein is, sien sy haarself nie as apart van jou nie. Sy glo sy is die hele wreld, en die hele wreld wentel om haar. Maar tussen ses en agt maande begin sy agterkom dat sy jou nie kan beheer nie - dat jy apart van haar is. "Psigies is dit vir jou baba 'n groot skok. Hierdie hulpelose mensie besef skielik sommer so oornag dat sy haar ma of pa kan verloor en sy ervaar 'n intense angs. Di angs is nodig, en is weer 'n boublok vir ander ontwikkelingsaspekte."

Hoekom is my kind angstig?

Hoewel alle kinders 'n mate van skeidingsangs beleef, is dit by sommige kinders erger as by ander. Hier is faktore wat 'n rol kan speel:
  1. Sommige kinders is meer sensitief as ander.
  2. Vroe trauma, soos skeiding van ma weens hospitalisasie, egskeiding, ens kan skeidingsangs verhoog.
  3. Oorangstige ma's kan skeidingsangs vererger omdat hulle by hul kind die indruk wek dat die wreld 'n onveilige en gevaarlike plek is. Oorbeskerming stuur 'n boodskap na die kind uit dat sy nie sterk genoeg is om dit alleen te hanteer nie.
  4. Skeidingsangs kan vererger as 'n ma nie emosioneel beskikbaar is nie omdat sy byvoorbeeld aan depressie ly of haar beroep deurentyd eerste stel
  5. Meerderheid gevalle is dit deurdat die kind nie genoegsame tyd spandeer saam met die ouer nie.
  6. Skeidingsangs kan vererger as jy met verlating dreig ("Ek gaan wegloop as jy stout is").
Die soorte skeidingsangs
  1. Protesfase: Baba sal protesteer wanneer sy van jou skei. Sy sal hard huil en aktief na jou soek. As julle herenig word, kan sy aanvanklik moeilik wees omdat sy vir jou kwaad is en jou wil straf, maar sy word weer goed na 'n rukkie
  2. Wanhoopfase: Dit kom voor by langer skeidingtye soos wanneer jy dalk lank in die hospitaal is. Baba protesteer en as jy steeds nie terugkeer nie, raak sy wanhopig. Sy word stil, onttrek haarself en raak passief. Sy begin twyfel of jy ooit gaan terugkeer. As jy dan terugkom, sal sy baie lank aan jou vashou.
  3. Losmaakfase: Dit gebeur net in uiterste gevalle wanneer 'n kind besonder lank van haar ma geskei is - sy maak haarself letterlik van haar ma los. N die wanhoopfase sal sy lyk asof sy herstel en weer begin speel of aktief raak. Maar eintlik het sy haar liefde vir haar ma "verloor" ten einde haarself te beskerm
Hoe om skeidingsangs te hanteer
  1. Gee jou kind 'n voorspelbare omgewing wat haar veilig laat voel. 'n Baba het 'n instinktiewe behoefte om die wreld te ontdek sodra sy veilig voel.
  2. As sy intense skeidingsangs het, bring meer tyd saam met haar deur. Hoe meer veiligheid sy by jou ervaar, hoe gouer sal sy van jou af begin wegbeweeg.
  3. As dinge vir jou te veel raak, betrek jou maat sodat jy tyd weg van kleinding kan bestee.
  4. Moenie jou kind dwing om van jou weg te wees nie. "Haar onafhanklikheid sal spontaan toeneem namate haar sekuriteit toeneem".
  5. Sommige kenners beveel aan dat jy jou baba reeds voor ses maande oud die eerste keer by 'n versorger of kleuterskool moet los as jy moet teruggaan werk toe sodat sy aan haar nuwe omgewing gewoond is voordat sy oud genoeg is om akute skeidingsangs te beleef.
9 maniere om die afskeid makliker te maak
  1. Verduidelik vooraf vir jou kind wat om te verwag. S: "Mamma gaan jou nou by tannie Marie aflaai terwyl ek werk, en daar kan jy lekker speel tot ek jou vanmiddag kom haal."
  2. S vir jou kind wanneer sy jou terug kan verwag in 'n tydsraamwerk wat sy kan verstaan - byvoorbeeld "na jou middagslapie".
  3. Laat jou kind haar gunsteling-speelding, -kombersie of enige ander trosie saamneem. Jy kan ook 'n foto van jouself saamgee.
  4. Groet jou kind met 'n lekker stywe drukkie en 'n soentjie net voor jy ry. MOET NOOIT ongesiens probeer wegglip nie - dit sal haar angs net vererger.
  5. Moenie die groetery uitrek nie: Gee jou drukkie en soentjie, draai om en klim ferm in jou voertuig en ry. As jou kind haar verset en jy stel die ryery uit, sal sy weet dit werk en daarmee aanhou en aanhou.
  6. As jou kind erg kapsie maak, kan dit help om haar in die arms van een van die juffrouens te gee sodat sy ook daar fisiese kontak en liefde ervaar - dan voel die verlating of skeiding nie so erg nie.
  7. Hou by 'n vaste roetine. Jou kind sal vinnig agterkom wat volgende gaan gebeur (en ook dat jy elke dag gaan terugkom) en sal dus meer emosionele sekuriteit ervaar.
  8. Vir jouself: As jou kind kwaai protesteer, neem afskeid en loer dan van 'n plek waar jou kind jou nie kan sien nie om te kyk hoe lank sy aanhou huil en wat haar reaksie ia as jy weg is. Dikwels hou sy op kla en huil die oomblik sodra jy uit die oog is! Hierdie kan 'n baie belangrike oefening wees indien die skuldgevoel jou opvreet. Bespreek dit met die hoof of met 'n onderwyseres om dit vir jou moontlik te maak.
  9. Maak seker dat jy positief ingestel is oor haar kleuterskool en hulle werklik vertrou sodat jy nie onbewustelik jou vrese aan jou kind oordra nie.
Wat om te verwag as jy terugkeer

Moenie dink dat omdat jou kind vanoggend in trane was toe jy gery het, jy met jou terugkeer met ope arms verwelkom gaan word nie! Nee, dit is net so waarskynlik dat jou kind jou gaan probeer straf omdat jy haar daar gelos het deur jou te ignoreer of vir jou kwaad te wees. Hier is hoe jy die terugkeer moet hanteer:
  1. Wees bly om jou kind weer te sien en wys dit.
  2. Bestee 'n rukkie saam met haar om haar die geleentheid te gee om jou haar omgewing te wys, en wat sy gedoen het deur die dag. Wees belangstellend
  3. Wees betrokke by jou kind se skool en met jou kind se onderwyseresse,
Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Enkelouerskap:Erkenning aan Rodney Seale

Hierdie is die eerste in 'n reeks om die enkelouer op die weg te kry van suksesvolle ouerskap.

Enkelouerskap is 'n steeds groeiende verskynsel. Oorsese statistiek praat reeds vyftien jaar gelede van twaalf miljoen kinders onder die ouderdom van agtien jaar in die sorg van slegs 'n pa of 'n ma. Daar is ook aangedui dat die syfer jaarliks met 'n miljoen groei

As gevolg van die moeilike ekonomiese toestande in Suid-Afrika probeer elkeen maar na die beste van sy of haar vermo oorleef. Ons het dus hier te make met 'n werkersklas enkelouer. Die betrokke kinders is ook in die meeste gevalle tot 'n groot mate aan hulleself oorgelaat. Egskeiding en enkelouers bied 'n groot studie terrein. Daar is reeds vasgestel dat een derde van die kinders uit gebroke huwelike goed reageer op wat hulle moes beleef. Nog een derde is verward en net-net opgewasse teen wat gebeur het. Die derde groep is die "verminktes"

Met die kontroles in jou hande in 'n enkelouer situasie (gewoonlik na 'n egskeiding) is daar noodmaatrels wat jy kan tref sodat jy nie heeltemal beheer verloor nie

Ruim op : Eerstens moet jy met 'n opruimingsproses om jou begin, want jy het twee opsies; Probeer voortploeter sonder om deur 'n besmeerde voorruit te kan sien of begin om jou kinders te kalmeer en tot orde te bring. Deur te besef en te aanvaar dat jy nou in beheer is, kan jy sinvolle instruksies gee. Die kinders gaan bedrywig raak en jy gaan helderheid kry: Jy wy nou die hele pad vorentoe aan jou kinders. Jy neem leiding, gee leiding en vind self rigting.

Noudat jy alleen in beheer is, speel jou oorlewingsgedrag egter ook 'n belangrike rol - dit kan grens aan selfsugtigheid! Jy vra byvoorbeeld vrae soos die volgende:

- Gaan ek self oor die weg kom
- Hoe gaan ek vir myself sorg?
- Hoe gaan ek vir my toekoms voorsiening maak

Jy het jou selfbeskermingsmeganisme aangeskakel deur te begin dink. In die proses kan 'n kind wat reeds koersloos gelaat is deur die verlies aan 'n verhouding met 'n pa of ma, net verder vereensaam. Jy voel verbitter. Maar in Efesirs 4:26-27 waarsku Paulus: "As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie."

Verder lees ons in Hebrers 12:15: "Sorg dat daar nie verbittering soos 'n wortel uitspruit, moeilikheid veroorsaak en baie besmet nie." As bitterheid daartoe lei dat net 'n klein gedeelte van 'n kind se emosionele lewe verwoes word, is sy hele lewe geknou. Kinders het albei hulle ouers nodig om 'n emosionele band te smee. As enkelouer kan jy egter 'n kind help om die afwesige huweliksmaat se swakhede te verstaan. Gesels oor sy of haar agtergrond, oor enkele van die oorsake wat aanleiding gegee het tot sy of haar optrede. Bid saam met jou kinders. Moenie jou kind dwing om daardie ouer af te skryf nie.

Skuldgevoelens

Nog iets wat kan dreig om die sitplek agter die kontrole vir jou as enkelouer warm te maak, is skuldgevoelens. Navorsing het getoon dat kinders van geskeide ouers neig om gedeeltelik skuld te aanvaar vir wat gebeur het. Die kinders redeneer dat hulle te veel eise aan hulle ouers gestel het; dat te veel geld aan hulle bestee is; dat hulle die oorsaak van te veel rusies tussen hulle ouers was ens.

Kinders moet verstaan dat hulle nie skuld aan die gebeure het nie - die keuse van 'n egskeiding was Pa en Ma saam. 'n Kind se skuldgevoel kan nog verder belaai word met 'n selfsugtige argument soos die volgende: "Jy is al wat ek het. Moet my asseblief nie ook in die steek laat nie." Hoe kan jy dit aan my wil doen?"

Nog 'n gevaarlike maneuver agter die kontroles is die neiging om te onttrek. Jy het seergekry in 'n verhouding en nou trek jy terug, praat nie, toon nie liefde nie, gee nie meer om nie. Enkelouer, dit is nou belangriker as ooit dat jy spesiale dinge saam met jou kind beplan, doen of aanpak om sulke gevoelens te vermy of daarvan ontslae te raak. Beplan tye om saam te wees, versterk julle kommunikasie en deel van die dinge waarmee jy moet cope met jou kind.

Sodoende word jy 'n model vir jou kind wat spreek van uitreiking, nie van onttrekking nie. As jy of julle dan nie met mekaar kan gesels nie, skryf notas of briewe vir mekaar. Beveg onttrekking ten alle koste voordat julle vliegtuig 'n nose dive vat.

Kyk na die instrumente

Jy wil jou kosbare passasiers 'n stabiele reis besorg met elke beskikbare luuksheid in werkende toestand. Probeer 'n voorspelbare daaglikse roete behou: opstaantyd, slaaptyd, verjaarsdae, ander spesiale dae. Die struktuur van julle samesyn mag nie disintegreer nie. Maak 'n groot ophef van spesiale dae in die kinders se lewe. Sorg vir 'n feestelike en gesellige atmosfeer.

Sluit 'n kind as vennoot in wanneer daar besluite geneem moet word. Geen kind kan 'n plaasvervanger vir jou voormalige huweliksmaat wees nie, maar laat jou kind toe om meer as die gewone inset te lewer. Jou kind is jou vernaamste raadgewer en nommer een konsultant. Hy moet voel dat hy 'n belangrike rol speel in die bestemming van die nuut gekonstrueerde gesinseenheid.

Verseker jou kind gereeld dat hy sy sout werd is! Sy selfagting is geknou. Die kinders van geskeide ouers voel betekenisloos. Laat Steven of Sanet dus goed verstaan dat, ongeag wat gebeur het of nog kan gebeur, hulle altyd die hoof persone in jou lewe sal bly.

'n Biologiese plaasvervangerouer is onmoontlik, maar dit kan betekenisvol wees om plaasvervanger-rolmodelle oor te nooi of by hulle te gaan kuier: 'n oom, tante, neefs en niggies, 'n oupa of ouma. Bewerk dit so dat 'n familielid of ouers van vriende jou seun of dogter vir 'n dag of naweek "aanneem" tydens 'n pa-en-seun of ma-en-dogter naweek. Jy kan nie met jou kinders getroud wees nie.

Moenie emosioneel van 'n kind afhanklik raak nie. Moenie oorbeskermend optree nie. Moenie jou kind dwing om die plek van jou afwesige huweliksmaat in te neem nie - dis onmoontlik! Geen ouer het die reg om 'n kind sy kinderskap te ontneem nie. Kinders moet die geleentheid gegun word om hulle adolessente en tienerjare te ervaar en uit te leef.

Stel dit ook duidelik aan jou kind se maats (soos gesamentlik ooreengekom toe julle die rels opgestel het) dat herhaaldelik onaanvaarbare gedrag van 'n vriend of vriendin sal beteken dat hy of sy nie langer by julle aan huis welkom sal wees nie. Jy sal verder ook nog moet probeer toesien dat verbode vriendskappe nie agter jou rug voorgesit word nie.

Ons het reeds genoem dat jou oorlewingsmeganisme ook nou gaan inskop. Jou kind voel magteloos en hy gaan enigiets doen om sy sin te kry - en watter doeltreffender manier bestaan daar as om sy gedrag in te span? Hy gaan sy luck push sodra hy sien jy is onseker oor die roete - die mees ongele tyd! Opgekropte emosies en onbehoorlike gedrag gaan hand aan hand terwyl jy besig is om die sweet uit jou o te probeer vee. Jou geweldige effort om rels en dissipline te handhaaf, kan beslis geknou word as jou eks inmeng en die rels begin buig om die kinders se besoeke sonder drama te laat verloop

Hou by jou beginsels. Daar is nie plek vir kompromie nie. Miskien wil jy toegewings maak uit vrees vir verwerping en kritiek deur hulle wat nog jou passasiers is. Maar noudat jy op 'n koers is en jy weet waarheen jy op pad is, mag jy nie toelaat dat julle weer van koers of gaan nie. Stel jou perke en hou daarby soos voorheen, of verbeter selfs daarop. Een van die positiewe uitvloeisels van 'n negatiewe ervaring soos 'n egskeiding is byvoorbeeld 'n hegte verbintenis: al bestaan daar hewige druk of oorlewingsnood, is die moontlikheid daar dat 'n buitengewoon sterk band tussen 'n enkelouer en sy kind gevorm word, 'n band wat selfs hegter is toe albei ouers teenwoordig was.

Diamante word onder uiterste druk gevorm. Baie diamante is ook al onder ontsettende druk in 'n gesin gevorm: toegeruste kinders wat groter verantwoordelikheid aan die dag moet l en oor meer volwassenheid en vaardigheid moet beskik, baie lank voor hulle maats uit normale huisgesinne.

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom. Jak. 1:2-4 Lees nou die daar op volgende gedeelte in die Bybel en verheug jou daarin dat as jy enkelouerskap uit die oogpunt van die teksgedeelte benader, jy jou kind die situasie kan laat sien as 'n wegwyser en geleentheid tot geestelike groei. Jou kind kan sy portuurgroep ver vooruit wees ten opsigte van verantwoordelikheid, begrip, samewerking, harde werk, besluitneming en karakter; 'n beter mens dus, en toegerus vir die res van sy lewe!

Uit negatiewe ervarings word waardevolle lesse geleer. Het jy pas terugslag beleef omdat jy die verkeerde besluit geneem het? Dit is 'n geleentheid om jou kind te motiveer: "Ek wil h dat jy uit hierdie fout moet leer, ek wil h dat jy uit hierdie mislukking en probleem voordeel moet trek, sodat jy in die toekoms daarop voorbereid kan wees en daarop kan verbeter.

Wanneer ons desperaat is, ontstaan 'n nuwe afhanklikheid van God. Dis wanneer ons nie gewoonweg bid nie, maar tot die Here uitroep. Dan bid ons saam: "Here, ons kan nie meer nie." In die geloof sien ons hoe die Here Pa of Ma word in jou gesin, Hy word deel van die oplossing vir die substituut-ouer situasie. God voorsien waar jy nie kan nie. Jy mag God se liefde, krag en ondersteuning op maniere ervaar wat mense binne die sekuriteit van 'n volledige gesin dalk nooit sal ken nie.

Wenstappe om eensaamheid te oorkom

Eensaamheid is 'n ondraaglike stilte en pynlik. Maar lig jou kop - om die eerste hoek wag dalk 'n vrolike verrassing op jou.

Now, since my baby left me
I've found a new place to dwell.
It's down at the bottom of Lonely Street,
It's called Heartbreak Hotel ...
I get so lonely I could die ...

Dis die ou Elvis-treffer "Heartbreak Hotel" - weliswaar 'n bietjie dramaties - waarby baie mense vandag nog aanklank sal vind. Ons almal het immers die een of ander tyd in Lonely Street rondgedwaal. Of sit nogsteeds daar. Dis 'n ellendige ondervinding wat 'n mens alleen moet deurmaak. Jy kan tog nie net die telefoon optel, jou vriendin bel en s "Hallo, ek voel eensaam" nie.

Wel, jy kan. Want sodra jy jou eensaamheid deel, begin dit verdwyn, skryf dr. John Woodward in sy boek The Solitude of Loneliness (Lexington Books, Toronto). Dr. Salomon Potgieter, 'n Kaapse sielkundige wat in emosionele en gedragsprobleme spesialiseer, stem saam:

"Eensaamheid ontstaan wanneer 'n mens nie iemand het om lief te h nie, wanneer jy niemand het om jou emosies mee te deel nie, wanneer jou hart leeg voel." Omdat die mens 'n sosiale dier is, het hy mense nodig om waarde aan sy lewe te gee. Wanneer dit nie gebeur nie, is hy eensaam. Jy begin dus voel asof jy niks vir enigiemand beteken nie.

"Eensaamheid is egter nie dieselfde as om alleen te wees nie," beklemtoon dr. Potgieter. "Jy kan 'n skare mense om jou h en steeds eensaam wees. Mense verkies dit om soms alleen te wees." Jy is eensaam wanneer jy alleen voel en ongelukkig is daaroor. Dr. Potgieter identifiseer beroemdes en stadsjapies, geskeides wat hul gemeenskaplike vriendekring verloor het, studente wat ver van die huis gaan studeer, bejaardes en kinders met 'n swak selfbeeld as diegene wat gereeld eensaam is.

"Mense wat in stede woon, het baie kennisse, maar hul vriendskappe is dikwels oppervlakkig. Beroemdes is gewild en wreldbekend, maar twyfel gedurig of hul vriende nie net agter hul geld en roem is nie." Van die sexyste vroue in Hollywood, wat suksesvolle silwerdoekrolle die een na die ander kry, is stoksielalleen. 'n Britse poniekoerant het onlangs berig hoe Renee Zellweger (van Chicago-faam) by 'n dinee oor haar eensaamheid in trane uitgebars het. Demi Moore, Minnie Driver en Angeline Jolie is glo ook gereelde gaste van die Heartbreak Hotel.

Volgens Tanya Furstenburg, 'n senior voorligtingsielkundige aan die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) aan die Universiteit van Stellenbosch, is die grootste oorsake van eensaamheid omstandighede en persoonlikheidsfaktore. "Omstandighede gaan oor die verandering van sosiale verhoudings, wat aanleiding gee daartoe dat verhoudings nie meer so bevredigend is nie." 'n Vrou kan byvoorbeeld getroud wees, maar voel dat haar man haar nie raaksien, waardeer en koester nie.

"Die grootste persoonlikheidsfaktore is skaamheid en 'n lae selfbeeld." Nog 'n interessante oorsaak wat Tanya uitlig, hou verband met kulturele faktore. "Die hedendaagse Westerse klem op onafhanklikheid maak dat mense soms onder die indruk verkeer dis verkeerd om ander nodig te h en gevolglik ontken hulle hul eie behoeftes aan kontak," s sy. Hoewel eensaamheid heeltemal natuurlik is, bestaan die wanopvatting dat net onsuksesvolle, oninteressante bleeksiele eensaam is. Daarom wil mense gewoonlik nie erken hulle is eensaam nie, verduidelik dr. Potgieter.

"Sommige mense is te skaam of te trots en ander wil nie ander mense met hul probleme opsaal nie. Hulle voel niemand wil vriende wees met iemand wat ongelukkig en depressief is nie." Eensame mense dra ook by tot hul eie ongelukkigheid. "Eensames gryp dikwels na drank of dwelms om daardie liefde-leegte te vul. Dit bied ontvlugting, maar is glad nie 'n oplossing nie," aldus dr. Potgieter.

Hoewel eensaamheid nie inherent negatief is nie, kan dit tot psigosomatiese siektes soos spanning, depressie, swak eetlus en ho bloeddruk lei. 'n Nuwe studie deur navorsers aan Ohio Universiteit het bevind kardiovaskulre produksie - die hoeveelheid bloed wat die hart pomp - is laer by mense wat sosiaal afgesonder is (Psychosomatic Medicine, Mei/Junie 2002). Dit veroorsaak chroniese ho bloeddruk en ook die moontlikheid van hartkwale.

Eensaamheid hou nietemin ook voordele in, meen dr. Potgieter. "Dit kan 'n wonderlike tyd vir selfontdekking wees. Wanneer jy eensaam is, is jy gewoonlik losgemaak van alle pretensies, krukke en fieterjasies en dis die ideale tyd om jou ware innerlike te ontdek. Dis 'n tyd van swaarkry en as jy daardeur kom, weet jy waartoe jy werklik in staat is."

Die fases van eensaamheid

Volgens Tanya kan eensaamheid ruweg in die volgende stadiums ingedeel word:

Omstandighede (byvoorbeeld jou skaamheid, egskeiding of nuwe woonplek) sny jou van ander af en daar is nie baie geleenthede waar jy kan sien dat ander vir jou omgee en vir jou lief is nie. In hierdie eerste fase is daar 'n gebrek aan teerheid en 'n gevoel van nie inpas nie. Dis die stadium wat ons almal die een of ander tyd ervaar.

Die tweede stadium raak ernstiger, want weens die gebrek aan positiewe terugvoer begin jy selfvertroue verloor. Jy glo jy kan nie meer met ander mense kontak maak nie. Jy word dus terughoudend in verhoudings, wat maak dat mense minder positief op jou reageer, wat net weer jou vrese bevestig. Die bose kringloop begin.

In die laaste stadium glo jy dinge kan nooit weer reggestel word nie. Jy voel niemand gee vir jou om nie - en sal nooit weer nie. Dit raak 'n "chroniese toestand" waar mense soms selfmoord as die enigste uitweg beskou.

Neem nou die besluit Onthou, eensaamheid is 'n passiewe toestand. Dit duur net so lank as wat jy dit toelaat. Dis daarom volkome jou eie besluit om uit jou hoekie weg te loop.

Erken dat jy eensaam is. Dis die eerste stap, s Tanya. "Amper soos die alkoholis wat dit eers moet erken - en wanneer jy dit erken, kan jy begin om iets daaraan te doen." Wees eerlik oor jou gevoelens. Mense is geneig om op die vraag "Hoe gaan dit?" te antwoord "Goed". Hoewel almal dalk nie graag na al jou ellendes sal wil luister nie, is dit tog aanvaarbaar om vir mense te s wat jy nodig het. "Iets soos 'Ek het regtig 'n moeilike week gehad en wens ek het iemand gehad met wie ek dit kan bespreek', kan help," stel Tanya voor. As mense nie weet wat jy nodig het nie, gaan hulle dit nie vir jou gee nie.

Maak 'n eensaamheid-lys, is een van die voorstelle in Mary Ellen Copeland se boek The Loneliness Workbook: A Guide to Developing and Maintaining Lasting Relationships (New Harbinger Publications, California). Skryf neer hoe jy nou voel. Dink dan terug aan 'n tyd toe jy nie eensaam was nie. Skryf dan daardie wonderlike gevoelens neer. Gebruik jou tyd en geniet hierdie herinneringe. "Om eensaamheid te oorkom moet ons definieer hoe ons graag eerder wil voel," skryf sy.

Gee jouself tyd om oor jou mislukte huwelik of verhouding te rou. Moenie oorhaastig wees en dadelik weer 'n verhouding aanknoop nie. Tanya, wat baie met die probleem van eensaamheid in haar terapie aan studente te doen het, verduidelik dat eensame mense soms verskeie seksuele verhoudings het om sodoende minder eensaam te voel. "Mense verkeer soms onder die wanindruk dat die fisieke nabyheid wat met seks gepaardgaan verligting gaan bring. Omdat seks buite 'n stabiele verhouding nie koestering en intimiteit gee waarna mense soek nie, vererger dit dikwels die probleem."

Moenie jou onder werk begrawe nie. Onlangse navorsing deur die Britse marknavorsingsmaatskappy Mintel toon dat die meeste respondente wat ges het hulle is eensaam tot laat gewerk het om nie alleen voor die TV by die huis te sit nie. "Die vermo om suksesvol te wees in jou werk, ten spyte van jou eensaamheid, kan wys op jou deursettingvermo. Maar die ideale omstandighede vir mense om te groei en te ontwikkel is wanneer hulle geborge, gelief en gewaardeer voel," verduidelik Tanya.

Leer om weer te glimlag. Die spiere wat jy gebruik om te glimlag word swak as jy dit nie gereeld doen nie. "Oefen jou glimlag voor die spiel," skryf dr. Tony Lake in sy boek Loneliness: Why it happens and how to overcome it (Sheldon Press, Londen). "Trek jou mondhoeke na onder totdat jy nie meer kan nie. Trek dit dan stadig op in 'n volle glimlag. Jou o moet ook glimlag. 'n Glimlag is aansteeklik en stel mense dadelik op hul gemak. Jy sal 'n glimlag terugkry en dadelik 'n bietjie beter voel."

Word 'n vrywilliger. Weeshuise, hospitale en ouetehuise het altyd hulp nodig. Deur mense te help leer jy nie net om iets vir ander te beteken nie, maar begin jy jou eensaamheid oorkom, s dr. Potgieter. 'n Bonus is dat dit ook jou selfbeeld 'n hupstoot gee.

Plaas jouself in situasies waar jy nuwe mense kan ontmoet. Volgens dr. Potgieter is te veel mense bang om "sosiale risiko's" te loop. "Moenie bang wees om iets nuuts te probeer nie." Hy raai eensames aan om deel te neem aan aktiwiteite soos dansklasse of om by 'n gholfklub aan te sluit. As jy aan iets deelneem waarin jy werklik belangstel, sal jy ook mense begin ontmoet wat jou belangstellings deel.

Skep moed! Die volgende drie wenke kom van die beradingsdiens van Cambridge Universiteit. As jy skaam is, moenie wag vir ander om na jou te kom om hulself voor te stel nie. S hallo vir die persoon langs jou in die bus of begin 'n kort gesprek met iemand in die hysbak.

Haal diep asem. Hierdie wenk word dalk voorgestel as die oplossing vir byna elke kwaal, maar 'n paar diep teue verrig wondere. Dit sal 'n bietjie van die senuweeagtigheid wegneem as jy jouself aan iemand wil voorstel of voordat jy die telefoon optel om iemand te bel. Wees realisties. Wanneer jy wel iemand ontmoet of saam met iemand uitgaan, moenie verwag om dadelik jou geesgenoot te ontmoet nie.

Leer jouself ken. Beskou hierdie tyd as 'n geleentheid waar jy onafhanklikheid kan leer en ook jou eie geselskap kan geniet, s dr. Potgieter. Jy kan nie ander liefh voordat jy jouself liefhet nie. Sorg dat jy iets by die huis het wat jou minder eensaam laat voel. 'n Lekker boek, gunsteling-CD of troeteldier kan eensame tye opkikker. "Hoewel dit ('n troeteldier) dalk na 'n vreemde voorstel klink, vind baie mense dat hulle minder eensaam voel wanneer hulle 'n dier het om mee te gesels en te vertroetel," s Tanya.

Neem baba-treetjies. Moenie probeer om met die hele vierde verdieping op een slag vriende te maak nie. Probeer 'n nouer vriendskap opbou met een of twee van jou kennisse. Hegte vriendskappe ontwikkel geleidelik soos mense mekaar beter leer ken en dieper gevoelens met mekaar deel. Moenie in verhoudings instorm deur te veel van jou emosies te vroeg te deel nie. Laat die proses natuurlik ontwikkel, volgens SSVO-inligtingstukke wat aan Maties uitgedeel word.

Lyk asof jy hope selfvertroue het. As jy by 'n partytjie is en jy lyk bang of verlore, sal jou lyftaal dit dadelik uitbasuin: "Moenie met my praat nie, ek is te skaam." Praat ook met enigiemand by 'n partytjie, nie net die aantreklikste man nie. As jy nie 'n meteoroloog is nie, moet dan nie oor die weer gesels nie, beklemtoon dr. Lake. Tensy 'n tornado gister deur jou buurt is, is die weer in die meeste gevalle 'n onderwerp met 'n kort lewensduur. Waardeer al jou vriendskappe en hul unieke eienskappe eerder as om te glo dat slegs 'n romantiese verhouding jou eensaamheid sal verlig, is die boodskap van stoploneliness.com, 'n webruimte toegewy aan eensames.

Moet jou nie plesier ontneem net omdat jy alleen is nie. As jy 'n fliek wil gaan kyk, maar jou vriende het ander planne gemaak, moenie alleen by die huis sit en tob oor jou vervelige lewe nie. Daar is geen wet wat s jy mag nie alleen uitgaan nie. Gaan geniet dit! s stoploneliness.com

Die Internet: vriend n vyand.

Volgens dr. Potgieter kan jy minder eensaam voel as jy op die Internet kuier en mense in kletskamers ontmoet, maar hy waarsku dat die Internet baie gevare inhou. As jy te veel tyd daarmee deurbring, kan jy selfs meer afgesny word van mense om jou. Boonop kan kuberverhoudings nie direkte, persoonlike verhoudings vervang nie.

Soek hulp by 'n familielid. "Die familie is steeds die belangrikste instelling. Dis die een groep wat nie 'n 'eks' kan word nie," reken dr. Woodward. "Jy kan 'n eks-man, eks-vrou of eks-baas h, maar nie 'n eks-familie nie." Kies 'n familielid wat positief is en met wie jy gemaklik voel, nie tant Sannie wat altyd jou kookkuns, huis en kleredrag kritiseer nie.

Kry geestelike bystand. Gebed of meditasie kan jou help om meer positief te voel, s stoploneliness.com Kry professionele hulp. Terapie sluit in opleiding in sosiale vaardighede soos hoe om gesprekke aan te knoop, vlot oor die telefoon te praat of komplimente te gee. Daar word ook aandag gegee aan maniere om jou selfbeeld te verbeter. Op sekere plekke word ook groepterapie aangebied vir mense wat eensaam en gesoleerd voel

Uit die laggende gesigte rondom jou is daar 'n paar wat net glimlag om hul alleenheid weg te steek. Dalk is jy self daardie gesig Waarom is ons eensaam en wat kan ons doen om los te breek uit di kokon?

"Hello, dis LifeLine."
"Hello, LifeLine?
"Ja, dis LifeLine."
"Ek weet nie wat om te doen nie. Ek is desperaat. Ek het gister 'n brief gekry van ou vriendin. Sy gaan trou. Dis net dat ... wel, dit het my laat besef dat almal aangaan met hul lewens, en hier sit ek ... alleen."
"Uit wat jy vir my s, klink dit of jy op 'n baie donker, plek is?"
"Ja, die lewe is net so onregverdig, jy weet ... almal het iemand wat hulle liefhet en saam met wie hulle kan wees. Ek het niemand nie en ek dink nie ek sal ooit iemand h nie. Niemand het my nog ooit regtig liefgehad nie ..."

Soos di eensame vrou voel derduisende ander wat elke jaar Lifeline en Childline bel inderdaad asof niemand vir hulle omgee nie. 'n Kind wat deur 'n maatjie verstoot word. 'n Ma wat vasgevang voel met 'n huilende baba in die huis. 'n Ouma wie se televisie haar enigste geselskap is.

Celeste van Harten, beradingskordineerder van Lifeline in die Wes-Kaap, s die meeste van die oproepe na Lifeline en Childline is van eensame mense. Lifeline het in 2002 landwyd nie minder nie as 148 342 oproepe ontvang, waarvan 4 208 primr oor eensaamheid gegaan het en die meeste ander ook 'n element daarvan bevat het.

Hoewel oproepe oor die feesseisoen afneem, is di tyd van die jaar met al sy bedrywighede vir die meeste eensames 'n tyd waarin hulle selfs meer alleen voel. Oral word hulle gebombardeer met die genadelose en onrealistiese prentjies van laggende gesigte, vreugde, vrede, familie en vriendskap. Dit is 'n konstante herinnering aan die feit dat hulle nie deel daarvan voel nie.

Hoe lyk mense wat eensaam is?

Daar is tye in 'n mens se lewe dat jy alleen is omdat daar niemand rondom jou is nie - en jy dit so verkies. Eensaamheid is egter 'n heel ander storie. Dit is om alleen te vl - of jy nou sonder geselskap by die huis sit en of jy saam met vriende kuier.

"Mense wat Lifeline skakel, voel geisoleerd. Hulle meen niemand verstaan of sien hulle raak nie. Baie ervaar daar is geen intieme, familie- of sosiale verhoudings waarop hulle kan staatmaak nie," verduidelik Celeste.

Kenners is dit eens dat eensaamheid in enige lewensfase kan toeslaan. Volgens George Wolfaardt, huisarts in die Bellville-area, ly bejaardes, gelukkige n ongelukkige getroudes, alleenlopers, tieners, selfs klein kindertjies aan eensaamheid. Behalwe dat hulle 'n groter kans het om gesondheidsprobleme te ontwikkel, kan eensaamheid tot depressie lei. "Pasinte kla nooit oor eensaamheid nie. Hulle kom met simptome van bedruktheid, slapeloosheid en konsentrasieverlies. Later word dit duidelik dat hulle gevoelens van verwerping en hartseer ervaar."

Wat s enkelouers

Dit is moeilik om aan jouself en ander te erken dat jy eensaam is. Mense glo dikwels hul eensaamheid is 'n teken van swakheid of onvolwassenheid en dat daar iets met hulle verkeerd is. 'n Paar dapperes vertel hoe hulle voel

'n alleen-tiener, Chris (15) van Kampsbaai vertel: "By ons skool gaan dit net oor hoe ryk jou ouers is, hoe jy lyk en in watter kliek jy is. Ek pas net glad nie in nie. Ek het nie juis close vriende nie. Partykeer voel dit of ek alleen op 'n ander planeet bly met niemand wat weet van my bestaan nie."

'n vreemdeling, Anneli (30) van Centurion deel: "Nadat ek alleen hierheen verhuis het, besef ek hoe moeilik dit is om sonder ondersteuning klaar te kom. Ek het al baie eensaam gevoel. Ek het egter na kollegas uitgereik en 'n paar hegte vriendskappe gesluit. Party dae voel ek nog gesoleerd - veral as ek alleen in die woonstel sit en na my verloofde in 'n ander stad verlang."

'n alleenloper, Nolene (35) van Pietermaritzburg vertel: "Ek voel dikwels eensaam. Dis 'n gevoel van totale verlatenheid - al het ek wonderlike vriende en familie. Hoewel my ongetroude status nie die oorsaak is nie, is daar wel tye wanneer ek soos die enigste odd one out voel. Almal het maats net nie ekke nie! Jy sien net gelukkige paartjies raak en dit voel of jy dit nooit gaan h nie."

'n gesinsmens, Vicky (43) van Kroonstad s: "Ek en my man is nou 22 jaar getroud. Die kloof tussen ons het net groter geword. Ek kan nie met hom gesels en my diepste gevoelens deel nie. Vroer kon ek op die kinders staatmaak vir 'n bietjie geselskap, maar hulle is nou in daardie stadium waar elkeen sy eie ding doen. Soms voel ek lus om iets desperaat te doen - soos slaappille sluk - net om weer my man en kinders se aandag te kry."

'n geskeide, Hendrika (49) van Bellville vertel: "Na my egskeiding was ek skielik sonder 'n maat. En al was ek soms omring deur ander mense het ek geweet dat ek alleen moet teruggaan huis toe. Dit is 'n gevoel van verlatenheid wat ek steeds soms ervaar. Ek het 'n geweldige behoefte aan 'n normale gesinslewe en my omgeegroep beteken daarom baie vir my."

'n weduwee, Tersia (47) van Durbanville s: "Na my man se dood het ek ongelooflike krag van Bo gekry om voort te gaan. Eers heelwat later, na 'n nuwe verhouding verbreek is en my dogter die nes verlaat het, het die impak van eensaamheid my werklik getref. Jy voel intens hartseer, alleen, vergete en sonder energie. Ek was kerkvreemd en wou nie Bybellees nie."

Oorwin dit so

Raad teen eensaamheid is volop, maar om dit te oorwin is makliker ges as gedaan. Hier is 'n paar voorstelle

1.Raak betrokke by die kerk Gemeente-aktiwiteite en -uitreike is dikwels 'n bron van nuwe inspirasie en vriendskappe. "Ek het nooit die vrymoedigheid gehad om by die kerk se evangelisasiegroep aan te sluit nie," vertel Hendrika. "Ek was bang om by ander mense se lewens betrokke te raak. Betrokkenheid het egter my lewe verander. Dit is 'n geweldige verrykende ervaring om met ander oor die evangelie te gesels, tussen mense te wees en om vir iemand iets te beteken." Elna Dreyer, leier van 'n sosiale groep vir enkellopendes in Stellenberg-gemeente in die Kaap, s alleenlopers moet egter nie van die kerk verwag om hul eensaamheid namens hulle aan te spreek nie. "Ons het die behoeftes van eensames in ons gemeente raakgesien en daarom die groep begin. Meer kan die kerk nie doen nie. Dit is nodig dat elke eensame self uit haar kokon klim, verantwoordelikheid aanvaar en die geleenthede benut.

Steek jou hand uit na ander "As jy eensaam voel, is dit maklik om net op jouself ingestel te wees. Hoekom moet ek vir siekes gaan kuier as ek self soos 'n pasint voel? Maar 'n mens kry altyd meer terug wanneer jy gee - soos om vir 'n vriendin 'n bos blomme te vat of 'n sieke te besoek," vertel Leana van Worcester. "Vroue is natuurlike versorgers," glo Elna. "Die oomblik wanneer jy ander mense begin versorg en betrokke raak, besef jy ander se ellende is dikwels soveel erger as jou eie. Ek kan ander enkellopendes iets bied, met hulle identifiseer en liefde uitstraal - dinge wat 'n mens nodig het as jy eensaam voel."

Doen iets lekker. 'n Sestigjarige weduwee verwerf 'n graad in sielkunde. 'n Geskeide ma begin verf en word 'n bekroonde skilder. Die stories van mense wat iets positiefs uit hul eensaamheid gehaal het, is legio. Dit verrig wondere om iets te doen wat jy nog altyd wou. Boonop ontmoet jy mense met dieselfde belangstellings as jy. Lemvia Viljoen, kursusorganiseerder by die Bellville Biblioteek, s die gewilde kunsklasse wat hulle aanbied - enigiets van fotografie tot materiaalverf en skilder - is beslis vir baie eensames 'n ligpunt. "Sowat twee-derdes van die kursusgangers is gewoonlik enkellopendes. Nie net kan hulle hulself hier uitleef nie, maar hulle smee hegte vriendskappe wat voortgaan lank nadat die kursus verby is.

Koester jou geloof In sy boek, Lonely, But Never Alone, s die voormalige New Yorkse bendeleier, Nicky Cruz, die ergste vorm van eensaamheid is om sonder die liefde van God te wees. "Die enigste ware oplossing vir eensaamheid is om met die Heilige Gees vervul te wees en om in die krag van die Gees te leef," skryf hy. "Hoewel 'n mens geestelik verryk kan word in alleentye, maak God ons nie eensaam sodat ons Hom beter kan dien nie," glo Kosie Delport, leraar by die Stellenberg-gemeente. "Hy wil h dat elkeen van sy kinders 'n vervulde lewe moet lei, al is hulle alleen. God het ons gemaak as mense wat mekaar nodig het en het daarom verhoudings geskep. Al is jy eensaam mt jy dus aanhou uitreik na ander. Weet ook jy het altyd 'n vriend in Jesus."

Hiervan kan Drienie Lombaard, 'n ongetroude sendeling in Belgi, getuig. "Nog in Suid-Afrika, alleen in 'n woonstel, het ek uit pure eensaamheid in 'n diep depressie verval. Op 'n dag toe ek nie wou opstaan nie, het 'n vreemde vrou my gebel en ges die Here het my baie lief. Vandag weet ek eensaamheid word veroorsaak deur 'n gebroke verhouding met jou Skepper. Deur sy wonderlike ingryping het ek besef my Skepper het 'n plan vir my lewe.

Vroer het ek my eensaamheid met baie dinge probeer verdryf, maar niks kon die leemte vul nie. Deesdae gaan ek so nders om met my eensaamheid. Ek gee dit vir die Here en Hy keer dit elke keer om in 'n stuk geestelike groei

Oorleef dit so!

Vermy ekstra stres en angs wat eensaamheid kan vererger. Bly dus uit die winkels deur inkopies vroeg af te handel en binne jou begroting te bly.

Bied jou tyd aan pleks van jou geld. Help uit by 'n diere-organisasie of neem 'n hawelose kind strand toe.Moenie verplig voel om elke sosiale uitnodiging te aanvaar nie. Alleentyd is soms beter medisyne. Versterk egter wel bande met vriende en familie. Onthou, die voortdurende beelde van gelukkige gesigte is nie 'n akkurate weerspieling van hoe almal om jou voel nie.

Volg die aksies stappe
  1. NEEM 'N BESLUIT : Kies 'n bereikbare doelwit en identifiseer die stappe wat nodig is om dit te bereik. Wil jy by 'n leeskring of drafgroep aansluit?
  2. VRA JOUSELF DIE REGTE VRAE : Wat het ek nodig? (Meer emosionele ondersteuning.) Wat verlang ek? (Ware vriendskap.) Waar gaan ek dit kry? ('n Omgeegroep.) Wat moet ek doen om dit daar te gaan haal? (Skakel die kerkkantoor.) Wat is ek bereid om te verander om dit in die hande te kry? (Om saans uit te gaan.)
  3. RAAK PRAKTIES : Begin om dinge anders te doen as jy anders wil voel. Nooi byvoorbeeld iemand om saam met jou iets te geniet. Herstel verwaarloosde familiebande en vriendskappe. En waardeer weer die kwaliteite van bestaande vriendskappe en begin om dit behoorlik te versorg.
  4. DOEN NAVORSING : Besoek die webwerf www.stoploneliness.com vir meer oor eensaamheid.
Idees wat kan help!

Begin self 'n sosiale groep vir enkellopendes of skakel by 'n bestaande groep in. Kontak Elna Dreyer van Stellenberg-gemeente by (021) 976-8817 (na-ure). Duo Christi voorstellingsdiens vir enkellopende Christene kan jou help om jou lewensmaat te ontmoet of jou vriendekring uit te brei. Skakel (012) 993 2032 of 082 789 4070 of besoek www.tobefriends.co.za. Stuur jou naam en van, adres en faksnommer of e-posadres agterop 'n toegeplakte koevert aan: finesse-vriende, posbus 5801, Vanderbijlpark, 1900. Ons sal vir jou 'n lys aanstuur met die adresse en/of faksnommers van almal wat aan ons skryf sodat jy kontak met ander eensames kan maak. En as jy nie self eensaam is nie, gee hierdie hoofstuk aan iemand wat daarby kan baat. Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Egskeiding: Optimale Voorskoolse Ontwikkeling

Egskeiding is nooit maklik nie. Selfs al sou albei pare ooreenkom om die huwelik te ontbind, is die skeiding nog steeds pynlik. Wanneer daar kinders betrokke is, is die pyn nog meer intens, omdat sensitiewe ouers moet toekyk hoe onskuldige kinders seerkry wanneer die gesin se band uitmekaar skeur. Vir kinders is egskeiding die verlies van liefde, die dood van 'n verhouding tussen ouers en kinders. Daar word beweer dat egskeiding meer traumaties is as die dood, aangesien egskeiding die gesin in twee skeur, waarby die dood die oorblywendes weer nader aan mekaar bring.

Egskeiding, volgens statistieke, is baie traumaties vir kinders onder 6-7 jaar en bo 13-14 jaar oud. Daar is gevind dat kinders tussen die twee ouderdomme, die egskeiding moontlik effens makliker mag en kan hanteer.

Egskeiding het 'n groot effek op 'n kind se emosie en sy gedrag, maar erge gedragsafwykings mag voorkom wanneer volwassenes die kinders gebruik om mekaar te manipuleer. Gewoonlik word egskeiding vir die kinders 'n realiteit wanneer daar definitiewe verskuiwings plaasvind, bv: een van die partye verlaat die bekende en geliefde huis en omgewing.

Kinders, net soos hulle ouers, ervaar baie verwarrende emosies. Ouers is egter in die posisie om hulle emosies en gevoelens te kan hanteer. Kinders daarinteen is nie altyd in staat om hierdie pyn te hanteer en verwerk nie. Kinders kom te staan voor 'n situasie wat skielik omkeerbaar verander, en waarin hulle magteloos voel om iets daaraan te doen.

Vir kinders is daar waardevolle persone, geliefde omgewings, waardevolle artikels, herinneringe en waarde sisteme verlore. Tydens die skeiding verloor kinders nie net 'n geliefde ouer nie, maar gewoonlik is daar ook radikale veranderinge soos verhuising, waar hulle moet afstand doen van hulle geliefde kamer, geliefde speelplek, troeteldiere, maats, neefs, niggies en vriende. Hulle ervaar baie intense magteloosheid en leegheid. Hulle probeer om hierdie skielike pyn en leegheid te verwerk deur te baklei met hulle broers / susters, te wil wegloop van die huis af, en deur die ouer by wie hulle agterbly te beskuldig en te verwyt.

Kinders voel baie onseker en baie skuldig. Hulle voel dat hulle lewe geen doel het nie, en afgestompte emosies en gedrag mag voorkom. Elke kind reageer uniek op sy innerlike pyn, maar dit is nodig vir die ouer om te weet dat daar verskeie fases is waardeur die kind mag beweeg voordat aanvaarding sowat 8 maande later plaasvind. Nie al die kinders gaan deur al die fases nie, en fases is nie altyd in dieselfde volgorde nie, maar deur kennis te h kan die ouers reeds help om die kinders beter te verstaan en te ondersteun.

Dit neem tyd vir die kinders om die realiteit van die skeiding te besef, die pyn en verlies van die geliefde te erken, om aan nuwe omgewings gewoond te raak, en om nuwe vriendskappe te vorm. Elke kind is uniek en reageer verskillend. Na egskeiding mag die kind intense hartseer, pyn en alleenheid ervaar. Die kind mag diep gevoelens van verwerping ervaar, terugtrek en weier om met die buitewreld kontak te maak, en met andere te meng.

Selfveroordeling mag voorkom. Kinders dink gewoonlik dat hulle die skeiding kon keer as hulle meer gehoorsaam was, of beter huiswerk gedoen het, of meer in die huis gehelp het. Ongegronde skuldgevoelens ontwikkel en kinders mag buierig en gerriteerd raak en onttrek. Kinders ervaar gewoonlik aggressie en woede teenoor die persoon by wie hulle agterbly. Hulle kan rusteloos word, impulsief optree, en 'n begeerte h om die ouer te verneder en woede teenoor die ouer te openbaar. In die stadium voel die kind uiters magteloos, verward, onseker, leeg, en slaap sleg.

Skuldgevoelens, afsku, verwerping, angs, vrees, onsekerheid en teleurstelling oorheers hulle gedagtes en gevoelens. Hulle voel hulpeloos, hopeloos en magteloos. Die skeiding mag 'n fisiese effek op die kind h. Aanhoudende moegheid en hoofpyne kan voorkom, verlies van eetlus, gewigsverlies verlies en slapeloosheid kan voorkom. Maagpyne kan ook voorkom as gevolg van ingehoue spanning.

Emosioneel kan die kind tekens van depressie toon vanwe die warboel van emosies. Die kind mag selfs die afwesige ouer se persoonlikheid begin oorneem. Op sosiale vlak ervaar die kind ook ontwrigting. Hulle is geneig om te onttrek, of hulle raak so besig dat daar nie tyd is vir sosiale verkeer nie.

Probleme ontstaan gewoonlik wanneer die kind die skeiding ontken, en alle emosies onderdruk. Tekens hiervan kan wees dat die kind weier om oor 'n baie lang tydperk met die geskeide ouer kontak te maak, ernstige anti-sosiale gedrag soos drank en dwelm misbruik, 'n houding van ek gee vir niemand niks om nie, onttrekking, weier enige samewerking en weier hulp, abnormale hiperaktiwiteit.

Luister versigtig en aandagtig na jou kind. Hoor hulle nood - kinders praat gewoonlik tussen die lyne. Moenie beskuldig en veroordeel nie. Luister, verstaan, hoor. Moenie hulle druk om vinnig beter te voel nie, help hulle om besluite te maak (moenie dat hulle agterkom jy besluit vir hulle nie). Vra hulp vir klein takies

Moenie hulle ontmoedig nie. Vergewe die ander party, daardeur maak jy dit makliker vir die kinders om self te vergewe of om kant te kies. Vermy konfrontasies met kinders waar beskuldigings rondgegooi word. Moet nie vergoed vir die skeiding en kinders se pyn deur geld te gee, kits kosse te koop, klere en juwele, of enige omkoopgeskenke te koop nie. Gee net liefde en aanvaarding by die hope.

Help kinders om goeie herinneringe uit die verlede lewendig te hou. Waar moontlik, moenie kinders te veel ontwrig deur 'n hele nuwe lewensstyl vinnig aan te kweek nie. Hou kinders by die roetine en verander stelselmatig. Moet nie kinders dwing om die rol van die ouer in te neem nie. Moenie s "jy's nou die Pa / Ma van die huis" nie. Wees eerlik met jou kinders, vertel hulle jy voel hartseer. Moenie die afwesige ouer voor die kinders kritiseer nie. Moenie kinders gebruik as speurder en hulle uitvra oor die ander ouer se doen en late nie.

Besef die kinders het 'n pa en 'n ma nodig, moet hulle nie daarvan weerhou as jy kwaad is vir die ander party nie. Moet nie enige verhouding aanknoop met 'n ander maat voordat die kinders nie gestabiliseer het nie. Gee hulle liefde, veiligheid en stabiliteit, indien daar nie positiewe veranderinge is in 6-8 maande nie, kry professionele hulp.

HOE KAN EK MY KIND HELP?

Kinders ervaar gewoonlik skeiding as persoonlike verwerping en is vreesbevange. Kinders is baie sensitief oor onsekerheid van ouers.

  • Verseker die kinders dat hulle nie in jou pad is nie, en dat jy hulle nie in die steek sal laat nie.
  • Gewoonlik ervaar die ouers self pyn.
  • Dit is raadsaam om eers 'n betroubare persoon te konsulteer vir jou eie pynlike emosies - daardeur kan jy jou kind help as jy meer perspektief het.
  • Ouers moet verstaan dat kinders onskuldig is, en onskuldig pyn moet verduur. Die kind het 'n behoefte om uiting te gee aan die pyn. Verseker die kinders dat hulle gelief is en dat hulle versorg sal word.
  • Moet nie probeer om nou albei ouers vir hulle te wees nie.
  • Wees te alle tye daar en beskikbaar.
  • Laat die kinders weet dat dit goed en aanvaarbaar is as hulle hul gevoelens wys, maar moenie hulle dwing om dit te wys nie - wees taktvol
  • Moenie verbaas wees as daar tye van hartseer, frustrasie en onttrekking is nie. Laat hulle verstaan dat jy beskikbaar is, dat jy verstaan, en dat jy hulle aanvaar.
Deur S Nortje

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Leer jou kind stress hanteer:

Dis heerlik om soms saam met jou kind te droom dat julle kan vlieg en dat fetjies in boomholtes woon. Soms wens jy dat die lewe so was. So sorgeloos en vry, so sonder stres Dit bly egter net 'n droom. Stres is deel van ons elkeen se lewe, ook die lewe van jou kind.

Jou voorskoolse kleuter ervaar onder meer stres rondom toilet-afrigting, die deel van sy speelgoed, die weg-wees van jou as ouer, die aanleer van gehoorsaamheid en die aanvaar-ding van opdragte. Jou jonger kind (6-12 jaar) ervaar onder andere stres wanneer sy geterg word, moet meeding in sport, stry kry met vriende of onderwysers, en 'n nuwe taak moet aanpak.

Jou ouer kind (13-18 jaar) ervaar onder meer stres onder die akademiese eise wat aan hom gestel word, die aanvaarding van 'n eie identiteit en gepaardagaande groepsdruk, gesagsbotsings met ouers, en weens onstellende nuusgebeure waarvan hulle bewus word.

Nie altyd negatief nie

Stres is nie altyd net negatief nie. Die regte dosis stres kan jou kind motiveer en met te min stres kan sy dalk kla van verveling en fru-strasie. Te veel stres maak egter jou kind ge-irriteerd en moeg. Dit belemmer haar vermo om helder te dink en beinvloed daarom dikwels skoolwerk negatief en veroorsaak moedeloosheid en ongelukkigheid.

Dit is daarom baie belangrik om jou kind te leer om stres te hanteer, deur hom of haar te leer om doelbewus te ontspan. Natuurlike ontspanning is die beste. Hier is 'n lys van sulke ontspanningsmetodes wat deur kinders tussen agt en veertien jaar opgestel is:

Lys van natuurlike ontspanningsmetodes

Die skop van 'n sokkerbal, lees, l, luister na musiek, kitaar speel, TV kyk, met die kat speel, 'n telefoongesprek met 'n vriend(in), video-speletjies speel, met die rekenaar werk, goudvissies dophou, met die hond gaan stap, draf, hardloop vinnig, fluit, 'n werkie aanpak, drukkies en aanraking, eet, 'n rukkie slaap. Jou kind kan nog metodes by die lysie byvoeg.

'n Meer kunsmatige, maar tog sinvolle metode as natuurlike metodes alleen nie genoegsaam is nie, is "kitsontspanning" wat gegrond is op die navorsing van Margaret Holland. Die metode is prakties omdat dit maklik aangeleer kan word en ongeveer ses sekondes neem om afgehandel te word. Daar is gevind dat as kinders betrek word by langer en ingewikkelder ontspanningsprogramme, hulle gedagte begin afdwaal en hulle belangstelling kwyn. Hulle hou egter van hierdie een. Hulle kan dit oral, te eniger tyd doen sonder dat iemand anders daarvan bewus is. Hulle hou selfs daarvan en dis doeltreffend!

Hoe om dit te doen:

Daar is drie basiese stappe in "kitsontspanning". Die vierde stap is opsioneel.

Eerste stap: Word bewus daarvan dat jy ontsteld is: Jou kind sal teen die tyd met jou hulp geleer het om sy liggaam se "boodskappe" te herken. Hy sal begin besef dat hoofpyn, maagpyn, sweterige handpalms, versnelde hartklop en ander fisieke simptome hom vertel dat hy spanning ervaar, dat hy onder stres verkeer.

Tweede stap: Glimlag binne-in jouself en s vir jouself dat jy kan ontspan: Di stap is baie belangrik en moet nie oorgeslaan word nie. Dit verander die manier waarop die kind voel oor die situasie waarin hy verkeer. Pleks van 'n slagoffer van die situasie te wees, magteloos om dit te verander of te beheer, oortuig hy homself dat daar iets is wat hy kan doen om sake te verbeter.

Derde stap: Haal stadig en maklik asem deur verbeelde gaatjies in jou voete: S eers aan die kind hy moet hom verbeel dat sy voetsole vol gaatjies is. Dit sal hom waarskynlik laat giggel. Toe maar. Dis miskien 'n verspotte beeld, maar dit is verbasend doeltreffend. Vra hom vervolgens om hom te verbeel dat daar koel lug deur hierdie gaatjies invloei, deur sy bene opvloei tot in sy maag. Vra hom nou om sy asem vir enkele se-kondes daar te hou. Vra hom dan om die "stresvolle lug" uit sy liggaam uit te pers, terug deur sy bene en weer by die gaatjies in sy voete na buite.

Vierde stap: Verbeel jou jy is op die plek waar jy altyd ten volle ontspanne en gelukkig is (opsioneel): Slegs jou kind weet waar hierdie besondere plek is. Vra hom om hom te verbeel hy is daar, waar dit ook al mag wees: buite in die sonskyn by sy hond, op ouma se skoot, op 'n fiets by sy vriende, langs 'n rugbyveld saam met pa. Hoe meer detail hy kan onthou van die aangename plek des te geslaagder sal hierdie deel van sy oefening wees. Help hom deur saggies vir hom te vra:

Watter klere het jy nou aan?
Wat ruik jy?
Hoe is die weer?
Wie is saam met jou?
Wat hoor jy?
Hoe voel jy?

Laat weet vir ons hoe jy jou kinders help om hulle stres te hanteer? Miskien het jy 'n briljante idee en so help ons mekaar

Sterkte met die stresse!

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

As kinders BYT:

Vir ure na die insident kon ek nog die merke gesien het van waar die een seuntjie die ander een gebyt het . Blykbaar het een van die maaitjies gefrustreerd geraak en die ander een net 'n vinnige hap gegee om die situasie te probeer verduidelik. Miskien het die een seuntjie met 'n speelding gespeel wat die ander een graag wou h, of miskien het die een maatjie die ander maatjie se karretjie geneem, sonder permissie natuurlik. Wie sal weet wat gaan aan in die brein van 'n 18 maande oue kind?

Ongelukkig is die kleintjie se woordeskat nog nie sterk genoeg uitgebrei om aan ons te verduidelik wat gebeur het nie en so ook kon hy nie vir die ander maatjie s wat hom kwel of frustreer nie. Al wat hy kon doen was; HAP! Ongelukkig was dit toe op die spesifieke maatjie se wang. In die meerderheid van die gevalle is is altwee die kinders ewe verbaas en verras deur dit wat nou net gebeur het.

Die onderwerp is gewoonlik baie sensitief vir ouers. Al is die moontlikheid vir blywende skade egter minimaal kyk ons na kinders wat byt anders as wat ons sou kyk na kinders wat skop en slaan. Die meeste voorvalle van kinders wat byt is gewoonlik tussen die ouderdomme van 18 maande tot 3 jaar. Die voorvalle reflekteer gewoonlik nie net die kind se emosies nie maar ook hulle vlak van kommunikasie of hulle onvermo om hulle gevoel of emosies in woorde om te skep.

'n Vyfjarige kind kan byvoorbeeld maklik vir sy maatjie laat verstaan om sy karretjie te los deur te s "Jannie, los my karretjie. Dit is myne". 'n Tweejarige kind kan dit nog nie verbaliseer nie so hoe beskerm hy sy eindom; met sy tande! Onthou net die ge-bytery is gewoonlik nie 'n vooraf beplande insident nie en gebeur altyd op die ingewing van die oomblik.

Woede of frustasie is nie altyd die enigste oorsaak vir die gebytery nie; sommige kinders sal selfs byt as hulle gelukkig of opgewonde is. Die meerderheid van alle kinders sal op een of ander stadiuum byt. Dit is ons as ouers en leerinstellings se verantwoordelikheid om kinders te lei na 'n ander en beter alternatief.

Die volgende is om u te help om die probleem te hanteer

1. Verstaan waarom jou kind byt : Meeste van die tyd gebeur dit uit frustrasie, alhoewel daar ook ander redes is, is dit die mees algemeenste rede. En watter beter manier kan daar wees om 'n maatjie se aandag te kry of te wys dat hy kwaad is vir 'n maatjie deur te byt? Bytery bereik 'n hoogtepunt tussen 18 maande en 3 jaar, wanneer 'n kind reeds 'n aantal vaardighede onder die knie het, maar nie die woorde het om homself in uit te druk nie. "Die bytery hou gewoonlik op wanneer die kind 'n groter woordeskat kry om homself uit te druk."

2. Wat is die bron van bytery?

Dit help om notas te maak van wanneer jou kind byt bv Sarel het vir Gertjie gebyt terwyl hulle gespeel het en Gertjie sy speelding geneem het of Saartjie het Marinda se pop gehad, dit was etenstyd en Piet het Koos se lepel gevat, dit was slaaptyd en Jy sal wel vinnig genoeg agterkom wat die wortel van die kwaad is en weet hoekom jou kind byt.

3. Spreek dit aan Hoewel jy nou besef hoekom jou kind byt beteken dit nie dat jy dit net so moet los nie. Daar is 'n paar verskillende senario's waarna ons moet kyk in die hantering van die situasies;

REAKSIE

Op die ouderdom is 'n kind se konsentrasie vreeslik kort so hoe langer jy neem om die probleem aan te spreek hoe minder effektief gaan dit wees. Probeer om die situasie dadelik te hanteer. Neem die kind en s Nee, dit is baie seer. Moenie byt nie! En dan sit jy 'n baie ongelukkige gesig op. Speel met jou gesigemosies om aan jou kind die verskillende emosies ,seer, ongeluk ens uit te beeld

As 'n aandagsoekery nie die nodige uitwerking het nie, is dit nie baie doeltreffend nie en begin die peuter leer dat hy iets anders sal moet doen om jou aandag te kry. Jou kind moet die boodskap baie hard en duidelik kry dat jy nie sal toelaat dat hy sy frustrasies op jou en die mense rondom jou uithaal ofseermaak nie. Wanneer 'n kind dit van jongs af leer, sal hy later leer om homself ook te beskerm teen kinders of mense wat hom wil seermaak.

Nog 'n ander manier of benadering is om die kind se gedrag in 'n ander rigting te stuur. Wanneer hy 'n kind byt oor 'n speelding, tel hom ferm op en s met 'n streng stemtoon: "Geen bytery nie. Ons byt nie in ons huis nie! Kom, gee Mamma liewer 'n soentjie en dan kan jy sy aandag aflei met 'n ander speelding of die maatjie vra om te deel. Gee baie aandag aan die maatjie sodat hy sien negatiewe optrede kry nie positiewe terugvoer nie.

4. Mag ek my kind terugbyt?

Nee, nee, nee! Dis die laaste ding wat jy wil of moet doen! Draai die situasie om en kyk bietjie so daarna: Veronderstel jy wil h jou kind moet ophou gil en skree. Gaan dit werk as jy vir hom kliphard skree: "Hou op gil en skree!"? Nee, jy versterk net die boodskap dat dit aanvaarbaar is om te skree.

Sommige ouers meen egter, ek wil h my kind moet voel hoe seer dit maak as hy ander mense byt. Die oplossing is eerder om hom eenkant toe te neem, te vra hy moet vir jou sy tande wys en dan sy eie voorarm ontbloot. "Byt nou. Dan voel jy hoe voel dit." Doen dit onmiddellik nadat hy jou of iemand anders gebyt het.

Wat nou gedoen as jou kind by die huis kom met 'n horlosie bytmerk op sy arm? Teken syfertjies 1 - 12 en leer hom tyd!

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Spekskiet:

Ons samelewing het 'n weerwil aan leuns en ooneerlikheid "Ma, ek het 'n heks gesien, die feetjie het op my bed kom sit en toeeeee " Dit is 'n kind se verbeelding wat so merkwaardig is. Dit is nie jok nie - dit is spekskiet of eerder net verbeelding! Geniet eerder die storie wat hy opdis as om jou kind en die storie af te jak. Leer jou kind eerder die verskil tussen die sprokieswreld en die werklikheid, maar moet nooit sy verbeelding bespotlik maak of verkleineer nie. Menige dinge in ons lewe vandag het begin as 'n droom en deur toewyding 'n werklikheid geword.

Daar is niks met hierdie kammaland of wreld verkeerd nie solank die kind besef wanneer hy 'n storie versin. "dit is 'n pragtige feverhaal maar vertel my nou wat regtig gebeur het" kan jy as 'n ouer s. Deur hierdie woorde te s toon jy aan die kind dat jy hom nie wantrou nie maar dat hy moet onderskei tussen die twee wrelde. Help hom deur as jy 'n storie lees of vertel te s "dit is 'n sprokie,dit kon werklik gebeur het en dit is 'n ware storie".

Die eerste opsetlike leun word gewoonlik vertel uit vrees vir straf. ,,Het jy hierdie gemors gemaak?" vra die woedende pa wat op sy kind se handmerke en kunswerk op sy nuwe kar afkom. Die stemtoon, die liggaamstaal en geblasery gee die kind 'n idee van wat pa se reaksie gaan wees as hy die waarheid sou praat. Hy sal hoog en laag sweer dat hy dit nie gedoen het nie. Ons oeroue instink spring hier in werking en skree uit "EK MOET MYSELF BESKERM!"

Later soos jou kind nog ouer word gaan hy begin agterkom dat as hy 'n leun vertel hy straf kan vryspring, om hom dan te tug en te preek oor die gevolge as hy weer 'n leun sou vertel sal ook nie die gewenste reaksie ontlok nie. Hy sal onbewustelik besluit om volgende keer net met 'n meer waterdigte leun vorendag te kom.

Indien jy sou besluit om hom onder kruisverhoor te plaas mag dit hom dalk net op sy hoede plaas en kan hy dalk net spekskiet sien, as die enigste uitweg. As jy weet hy het kwaad gedoen, moenie 'n vraag skep waarin hy 'n leun kan vertel nie, bv wat het jy met die kryt gedoen nadat jy op pappa se kar geteken het in plaas van het jy op pappa se kar geteken? Wanneer hy die kryt gaan haal kan jy aan hom verduidelik dat dit verkeerd is, die skade wat berokken is verduidelik en dat dit ongehoord is in julle huisgesin. (Probeer net eers kalmeer)

Onthou kinders leer deur voorbeeld. Kinders kyk na jou gedrag of optrede as leiding. Wees baie versigtig vir daardie klein wit leuntjies. Hoe dikwels hoor 'n kind 'n ouer 'n leun vertel; ,,ek kan nie vandag saam met jou gaan nie, ek het 'n magdom werk en dan sit sy pa heeldag agteroor en lees koerant. Hoe moet hy kan onderskei tussen 'n leun en 'n ou wit leuntjie? Hoe kan dit vir pa reg wees om die waarheid te verdraai maar nie vir my nie

Onlangs 'n geval gehad van 'n dogtertjie wat vir almal vertel haar mamma is swanger en die ma is nie eers getroud nie. As 'n kind se natuurlike begeertes nooit verwesenlik word nie, dink hy fantastiese gebeurtenisse uit en wens hulle word bewaarheid. Die maklikste manier om dit te hanteer is om te besef wat die kind se behoefte is en dan met die kind te gesels en te verduidelik hoekom dit bv onmoontlik is. Somtyds is die gedrag tekens van jaloesie wanneer 'n maatjie 'n boetie of sussie gaan kry en die kind uitgesluit voel. Dit getuig van haar eie gebrek aan selfvertroue en kwynende selfbeeld. Gee net meer aandag en onvoorwaardelike liefde en die probleem behoort vanself weg te gaan.

Die ware uitdaging is nie die identifisering van die leun nie maar die hantering daarvan! 'n Ouer se rol in hierdie verband is om die kind te help en te leer om meer gepaste reaksies te toon

Hier is 'n paar idees om jou te help..

Identifiseer die rede vir die leun.

Vertel jou kind miskien die leun omdat hy bang is vir jou reaksie? In die meeste gevalle vertel kinders leuns omdat hulle bang is vir hulle ouers se reaksie as hulle die waarheid sou praat.

Stel jou voor jy moet 'n eed afl en in die hof getuig teen JOUSELF! Dit is iets wat ons as volwassenes nie graag sal wil doen nie maar ons verwag dit van ons kinders en dan moet hulle ook nog bereid wees om die gevolge daarvan te dra. Menige kinders het al na die tyd erken dat hulle na die tyd skuldig gevoel het en graag die waarheid wou vertel, maar dan sien hulle hulle ouers is in 'n slegte bui en dan glo hulle dat hulle straf erger sou wees as hulle die waarheid sou praat. Dan glo hulle die leun is beter. "Die wind het gewaai en die pot het omgeval."

Een manier om 'n kind te motiveer om die waarheid te praat is om te fokus op die aksie en nie die kind se karakter nie. Fokus op hoe en wat gebeur het moenie uitgaan op "maar het ek jou nie al hoeveel keer gewaarsku dat "

Vertroue:

Die ouer wat toon dat hy sy kind vertrou kry makliker sy saewerking tot eerlikheid. Niks ondermyn sy moreel meer as om te weet dat hy gewantrou word nie.

Tyd:

Gee die kind genoegsame tyd om sy verskoning deur te gee en laat hom verstaan dat die oortreding nie vir altyd teen hom gehou gaan word nie, gee jou kind ook die versekering dat die aksie gestraf gaan word maar nie vir altyd teen hom gehou sal word nie. (love the sinner, not the sin). Onthou straf is nutteloos as dit maak dat die kind volgende keer sy skuld verberg.

Jou reaksie:

Onthou net jou reaksie in klein onbenullige situasies nou gaan bepaal wat julle verhouding vorentoe gaan wees. Ek gebruik altyd die voorbeeld van 'n meisie wat swanger word. Indien dit jou dogter sou wees wat swanger raak op 16. Sal jy graag wil h sy moet na jou toe kom met haar probleem of moet sy eerder die vrymoedigheid h om na 'n vreemdeling te gaan?

'n Kind wat by sy maats spog oor hoe groot sy pa is en watse groot huis hy in bly is gewoonlik die kind wat afgeskeep voel.

Kyk na patrone.

Kyk in watter verskillende situasies 'n kind leuns vertel. Jy as 'n ouer moet meer besorg wees as jou kind in verskeie situasies leuns vertel bv tussen sy maats, vir onderwysers en tuis vir julle as ouers. Die kind waar leuns 'n algemene verskeinsel by is, is gewoonlik kind wat 'n probleem het met sy selfbeeld, dit getuig aan 'n gebrek aan selfvertroue. Bou liewer aan sy selfvertroue op deur aan hom erkenning en verantwoordelikheid te gee.. Kinders wat net soms leuns vertel en daardie soms is wanneer hulle stout was en bang is vir pakslae of die straf wat oppad is.

Onthou die basiese begrip in die hantering van die kind wat opsetlik leuns vertel, l hierin opgesluit;

Of 'n kind jok om homself te beskerm Of om aandag te kry !

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Back to Top

Hoekom is miere swart? Optimale Voorskoolse Ontwikkeling

Mamma, hoekom is die lug blou? Mamma, hoekom het Liewe Jesus wolke gemaak, en waar kom die wolke vandaan?

Vir menige ouer is hierdie die tydperk waar jou geduld die MEESTE getoets word. Nie net is dit irriterend nie maar ook uiters normaal en almal beleef dit op een of ander tydperk van hulle kinders se ontwikkeling.

'n Wonderwerk gebeur teen 3 jaar oud - jou kind raak taalvaardig! Kort voor lank gee jou kind se gesprekkies jou 'n kykie in hulle hart en klein beperkte wreld. Gesprekke tussen julle is nou 'n wonderlike geleentheid om jou kind te laat voel dat jy in hom/haar belangstel en om aan hom/haar se houding en opvatting oor die lewe te begin skaaf.

Doen moeite om nie net met jou kind te praat nie, maar ook om te luister. Vind uit wat jou kind van sekere sake dink en hoe daar by die redenasie uitgekom word. Wees verseker dat sy van haar kant af geen moeite sal ontsien om alles van die wreld te wete te kom nie. Haar vrae behoort verseker 'n toets vir jou algemene kennis te wees! Natuurlik gaan jy nie altyd weet waarom miere swart is of hoe 'n televisiestel werk nie. Indien jy dit regkry om 'n goeie antwoord te gee, moenie verbaas wees as sy reeds met vraag twee tot tien gereed staan nie.

Jy kan en mag natuurlik erken dat jy nie al die antwoorde op al die vrae het nie, maar dit is 'n goeie geleentheid om jou kind te leer dat 'n mens inligting ook op ander plekke as net by pappa en mamma kan kry.

Begin om van jou kind se vrae in 'n boekie neer te skryf. Laat haar elke dag 'n vragie kies wat julle verder kan gaan navors, of gebruik jou Saterdag om jou kind biblioteek toe te neem en aan die wonderlike wreld van boeke bloot te stel. As jy 'n ruskans nodig het (dit is normaal!), kan jy "stiltetyd" instel.

Back to Top

Inkopies saam met jou kind: Optimale Voorskoolse Ontwikkeling

Om te s om kruideniers te gaan koop saam met jou kinders is 'n nagmerrie, is soos om te s 'n Ferrari is 'n mooi motor. Woorde kan dit net nie beskryf nie. Indien jy dit nog nie beleef het nie sal jy definitief nie verstaan wat hiermee bedoel word nie.

Om kruideniers te gaan koop kan selfs vir die mees gesoutste ouer 'n nagmerrie wees. 'n Winkel vol van die mees aantreklikste speelgoed, rye en rye vol lekkers om van te kies en te keur, en dan om nie eers te praat van die heerlikste reuke wat kom van die bakkery nie. Vars gebakte brood op 'n honger maag, wie sal nou kan nee s?

Onlangs op die Dr Phil program s die vrou sy het 'n probleem; sy kan nie meer kerk toe gaan nie haar kinders is onbeheerbaar. Die dominee het selfs vir haar al gevra of sy nie as sy kerk toe kom slegs een kind op 'n slag wil inbring nie!! Wel om kruideniersware te gaan koop kan net so erg wees as jy nie dit reg hanteer nie. Hier is 'n paar idees om in gedagte te hou as jy dit wil waag om jou kind saam winkel toe te vat.

Gewoonlik is ons as ouers so gejaag wanneer ons uiteindelik gaan om kruideniersware te koop dat ons nie in ag neem dat ons kinders by ons is nie. Van die algemeenste foute wat ons dan maak is;
  1. Ons besef nie die kinders is moeg nie
  2. Ons is geirriteerd en gefrustreerd om net nog 'n plig agter die rug te kry
  3. Ons kinders is gewoonlik honger, veral as ons kruideniers in die agtermiddag gaan koop
  4. Ons besef nie die temptasies wat daar is vir kinders nie, ons beleef nie hulle wreld nie
  5. Ons is so behep met die "plig" dat ons van die kinders se behoeftes aan sekuriteit en aandag vergeet
  6. Ons verwag van hulle om vir 30 tot 60 minute stil te bly en stil te sit
Stap Een: Jou tien punt plan
  1. Bespreek jou rels voordat julle by die winkel ingaan.
  2. Sit iets om te eet in jou handsak of rugsak, sommige kinders mag honger wees of word
  3. Neem 'n gunsteling kombers, pop of speelding saam
  4. Gee jou kind iets om te doen bv. vra jou kind om vier appels in 'n sakkie te sit of die koffie van die rak af te haal
  5. Beraam 'n plan vooraf indien julle vervreem raak van mekaar, bv as jy nie vir mamma sien nie gaan staan daar by die melk
  6. Hou jou kind naby jou, bv hou hande vas, laat jou kind die waentjie vashou of selfs help bestuur.
  7. Beplan jou inkopies wanneer jou kinders nie moeg of honger is nie. Gaan doen inkopies wanneer julle (jy en jou kind) uitgerus is. Moenie wag tot aan die einde van die dag wanneer julle albei moeg en geirriteerd is nie.
  8. Praat met jou kind. TGesels met jou kind, maak jou kind betrokke deur vrae te vra en dinge uit te wys
  9. Maak 'n speletjie van die uitstappie. vra bv wanneer julle by die pap afdeling is Watter pap is in 'n bruin boks?"
  10. Speel "ek sien met my kleine ogies", en laat jou kind raai wat jy sien.
Stel Perke Stel Perke

S Dit... (positiewe perke)

Eerder as... (negatiewe perke)
  1. Sit die lemoene vir ons in die waentjie
  2. Hou die eiers so met albei hande.
  3. As jy jou baadjie uittrek, sit hier in die waentjie.
  4. Jy mag my enige vraag vra, maar met respek.
  5. Praat met jou kind, s wat jy wil h.
  1. Moenie aan die lemoene vat nie, los!
  2. Paop, jy gaan die eiers laat val, los dit liewers!
  3. Moenie jou baadjie in die gang gooi nie.
  4. Moenie so met my praat nie.
  5. Boetie, ons gaan uit die winkel uit as jy dit weer gaan doen
Winkels is so ontwikkel om ons koopgiere aan te wakker, plus die winkels is gewoonlik besig, raserig en opwindend. Kinders raak gewoonlik oor-opgewonde, begin hulle wangedra en soek gewoonlik alles wat hulle o sien. Hoeveel keer het jy al in die ry gestaan om te betaal vir jou kruideniersware en op die ingewing van die oomblik nog 'n Bar one of crunchie geneem? Jy kon die begeerte nie beheer nie, maar ons verwag van ons kinders om dit te doen. . .

Wenke en ouderdomsgroepe

Babas
  • Plaas jou kind in die waentjie sodat sy jou kan sien
  • Glimlag vir jou baba, en trek gesigte
  • Gee jou baba iets om mee te speel wat jy van die huis af gebring het.
  • Luister na klanke en stemme.
  • Raak deurentyd aan jou kind
  • Gesels met jou baba en beskryf wat jy in die waentjie inpak
Peuters en kleuters
  • Vra hulle om verskillende vorms uit te wys.
  • Laat jou kind aan verskillende vorms vat en vra hoe dit voel bv. 'n appel, koue melkhouer ens.
  • Maak hulle bewus van die reuke in die winkel, hou jy van die reuk van die piesangs? Kan jy die gebakte brood ruik?
  • Laat hulle vir jou s wat is lekker en wat is nie
  • Laat hulle vir jou verskillende vrugte of groente uitwys
  • Vertel deurentyd vir jou kind wat jy in die waentjie inpak
  • Gesels met jou kind en luister as hy praat
Voorskolers
  • Beskryf die verskillende klanke en vra bv Watse klank maak selery as ons dit breek?
  • Toets jou kind se kleur kennis; Wys vir my die oranje vrug op die rak, wat is ook groen ens
  • Gee jou kind eenvoudige opdragte; Sit vir ons twee lemoene en vyf appels in die waentjie
  • Vra jou kind om die pryse op te tel
  • Tel hoeveel artikels is in die waentjie
Om positiewe perke te stel is kardinaal, dit leer kinders om hulle emosies te beheer. Die besef en erkenning dat dit moeilik is kan die situasie vir jou as 'n ouer vergemaklik. Laat jou kind duidelik verstaan dat as hy iets wil he jy slegs een ding vir hom gaan gee, se bv jy kan een ietsie spesiaal kry maar die eerste ding wat jy se jy wil he gaan jy kry so kies sorgvuldig want jy gaan niks anders daarna kry nie en jy gaan dit ook nie ruil vir iets anders nie. Hierdie benadering leer jou kind om nie impulsief op te tree en oorhaastige besluite te neem nie. Onthou dat as hy een keer gekies het jy daarby moet bly.

Fisiese Ontwikkeling:

Beweging van enige aard is belangrik vir jou kind se groot motoriese ontwikkeling. Ouer kinders kan jou help om die waentjie te stoot, voorwerpe van die rakke af te haal en in die waentjie te sit.. Jykan jou kind ook vra om die kruideniersware uit te pak as julle by die kassiere kom. Al die takies vereis fisiese inspanning. Moenie jou kind vir te lang periodes in die waentjie los nie- gee jou kind kans om ook uit te klim en rond te loop.

Taal en Intellektuele Ontwikkeling:

'n Winkel kan in 'n klaskamer omskep word indien dit reg aangewend word. Gebruik dit om jou kind se taal en intellektuele ontwikkeling te versterk.

  • Laat jou kind die hoeveelheid vrugte tel wat julle nodig het, en vir jou s wat elkeen is.
  • Kry items gebaseer op kleur en groote. Vra jou kind of hy miskien 'n groot blik ertjies vir jou kan aangee of pak vir ons daardie rooi botteltjie beet in die waentjie.
  • Laat jou kind sy sintuie gebruik. Laat jou kind sy o toemaak en raai watse tipe vrug dit is wat jy vashou.
  • Laat jou kind na die blikkies kyk en raai watse tipe vrug of groente daarbinne is


Onthou dissipline is afkomstig van die woord diissipel Dissipel beteken weer op sy beurt "leiding".

Back to Top

Loopringe - Ja of Nee?
Optimale Voorskoolse Ontwikkeling


Loopringe oor die algemeen word as nadelig beskou vir 'n baba se ontwikkeling en ons beveel die algemene gebruik daarvan nie aan nie, omdat die loopring dan gebruik word as 'n baba-sitter.

Loopringe is verantwoordelik vir 20 000 beserings en sterftes jaarliks:

kinders val van trappies af
hulle val van stoepe af of selfs in swembaddens.
wanneer die kind omval kan hy sy nek breek of ernstige hoofbeserings opdoen, omdat daar niks is wat hom binne-in die loopring hou en beskerm nie.

Nadele By Die Gebruik Van Loopringe

Dit verleng die kind se reikafstand - hy trek warm of elektriese voorwerpe op horn af wat ernstige brandwonde kan veroorsaak.

Voldoende spierontwikkeling vind nie in die bene plaas nie en benvloed die natuurlike ontwikkeling van loop. 'n Loopring belemmer die kind se regter/ linker brein ontwikkeling omdat hy nie genoeg tyd spandeer aan die normale "sukkel" om te loop fase nie.

Dit veroorsaak uitwaartse rotasie by die baba se heupe en veroorsaak bakbeenloopgang of dat 'n kind met ingedraaide voetjies mag loop - dus lei dit tot foutiewe ontwikkeling van die beenspiere.

Die baba staan met sy liggaamsgewig op die punte van sy tone wanneer sy bene en spiere nog nie gereed is om sy Iiggaamsgewig te ondersteun nie.

Die sitplek gee nie genoeg rugondersteuning nie wat weer kan lei tot 'n swak postuur.

Leerprobleme kan later in die skool ontwikkel as gevolg van die felt dat die baba nie betrokke was in die verstandelike en fisiese aktiwiteite wat gepaard gegaan het met die tyd van ontwikkeling toe hy in die loopring geplaas is nie.

Loopringe gee die boodskap dat jy horn wil druk in sy natuurlike ontwikkeling, dit maak horn ontevrede met sy latere eie pogings tot loop.

Dit gee hom verkeerde inligting oor waar sy lyfie eindig en hoe sy bene waarlik werk. Dit veroorsaak dat hy die normale later weer moet herleer.

Norrnale loop is 'n hoek-toon beweging wat die Achilles tendon verleng en versterk, sodat jy met 'n plat voet op die grond kan loop. Die loopraam lig die kind se voete vanaf die vloer, en hy leer om op sy tone te loop, of agteruit.

Kinders word gewoonhik in 'n loopring geplaas wanneer hulle veronderstel is om te kruip en hulle self op te trek aan voorwerpe. Hulle moet balans leer, wat deur die loopring belemmer word.

Voordelige Maniere Om Loopringe Te Stimuleer
  • Berei liewer jou omgewing so voor dat die kind teen sy eie tempo kan ontwikkel
  • Laat hom toe om homself teen meubels op te trek
  • Ondersteun hom met sy eerste tree
Die beste rnanier orn die kind te leer loop is die ou rnanier - hou twee vingers uit waaraan hy kan vashou en lei hom.

Back to Top

Jean-Jacques Rousseau- Die mens word vry gebore, maar oral is hy in kluisters

Home | Articles | Extramural Activities | Gallery | Personel | Prospectus | Contacts